Wêreld se ‘stylvolste’ bankrower

Foto’s van die kringtelevisiebeeldmateriaal

‘n Rower het die First State Bank in Iowa, Amerika, Maandag met ‘n stylvolle groen rok beroof.

Die rower word as ‘n vrou beskryf, wat ongeveer 1.64m lank is met donkerrooi of donkerbruin hare, wat dalk ‘n pruik mag wees. Die verdagte het ‘n briefie aan die kassier oorhandig waarin sy geld eis en sy is weg met ‘n onbekende bedrag kontant, berig WHO-TV.

‘n Ooggetuie het gesê die rower het buite die bank in die kattebak van ‘n nuwerige model donkerblou sedanmotor ingeklim.

‘n Paar lesers het egter op die polisiedepartement se Facebookblad die vraag gevra of die verdagte inderdaad ‘n vrou is. “Ek dink dit lyk soos ‘n man met ‘n pruik. Kyk na die wenkbroue en gesigstruktuur,” het een vrou gesê. “Dit lyk soos ‘n man! Andersins het hierdie vrou ‘n groot adamsappel!” Ander wat aanvoer hulle ken die verdagte, sê sy is definitief ‘n vrou.

‘n Woordvoerder vir die Guthrie County Sheriff se kantoor het aan Huffington Post gesê owerhede ondersoek alle leidrade, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.