Wêreld Vigsdag: IVP sê mans moet besny word

vigsstrikkieDie Inkatha Vryheidsparty (IVP) het mense Vrydag aangemoedig om hulself vir MIV te laat toets en mans aangemoedig om besny te word in die lig van Wêreld Vigsdag eerskomende Sondag.

Hilda Msweli, die party se woordvoerder van gesondheid, het almal aangemoedig om hulself by hul naaste kliniek regoor die land te laat toets. “Dit is noodsaaklik om getoets te word en jou MIV-status te weet, sodat jy dadelik behandeling kan ontvang terwyl die virus nog in ʼn vroeë stadium is, as jy positief toets vir MIV,” het sy gesê. Sy het ook gesê dit moedig mense aan om ʼn gesonde en positiewe lewe te leef.

“Ons moedig ook mans aan om besny te word, aangesien dit jou kans verlaag om met MIV besmet te word. Dié prosedure is beskikbaar by hospitale regoor die land.”

Sy het verder persone, wat met MIV/Vigs lewe, gewaarsku om nie die slagoffers te word van mense wat beweer hulle kan die siekte genees nie. “Diegene wat met die virus leef moet eerder aanhou om behandeling van hul klinieke te ontvang.”

Die party het mense verder aangemoedig om hulself van onveilige seks te weerhou of veilige seks te beoefen deur van kondome gebruik te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Jasper ·

Henko, dankie, kort en kragtig. En totdat mense dit besef, gaan hulle hierdie bus nie gestop kry nie.

Conrad ·

As jy jou ding uit gate uit hou, onnodige gate, sal jy nie besmet word nie. Wat van moedig ‘mans’ EN vrouens aan om op te hou rondloop, eerder as om hulle te besny. Asof dit net mans is wat rondloop. Jy weet, sulke dom aanmerkings, met ‘n lang ‘f’, kan ek mos nie hanteer nie.

anoniem ·

Dis nie net mans en vrouens wat rondslaap wat besmet word nie….. My verloofde is positief na hy vir n bloed oortaping gegaan het en ek is negatief te dankie aan dy eerlikheid.

anoniem ·

Dis nie net mans en vrouens wat rondslaap wat besmet word nie….. My verloofde is positief na hy vir n bloed oortaping gegaan het… Nie almal het dit gekry deur hulle dit verdien nie party mense is slagoffers.

Henko ·

Dit gebeur wel, maar is by verre in die minderheid en jy mag opreg trots wees op jou verloofde se openhartigheid en eerlikheid.

Judge ·

Skeer ek my h@l. Mans moet besny word ?? Klink soos die beet resep om Vigs te genees. Spul hansworse.

Henko ·

Stem saam, God het die mens volmaak geskape, waarom iets wat daar is met ‘n doel, afsny. Nie almal hang die Joodse beginsels aan nie.

Gawie ·

Die Inkatha Vryheidsparty se stelling is net so belaglik soos stortkop se stort storie. Die plat neus nasie kan maar net nie verder as hulle neuse dink nie. Dan kom die beet storie soos Judge hierbo ook gesê het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.