Kate Middleton en prins William het Vrydagmiddag omstreeks 15:00 hul ouers se huis in Bucklebury verlaat en na Londen vertrek.
Dit is egter nie duidelik of die hertogin van Cambridge op pad was hospitaal toe of na Kensington-paleis toe nie. “Ons kan nie bevestig waar die hertog en hertoging hulle tans bevind nie,” het ‘n beampte van die paleis aan US Weekly gesê.
Volgens mediaberigte is Kate reeds verby haar verwagte kraamdatum. Prins William, ‘n spoor- en reddingshelikoptervlieënier vir die Koninklike Lugmag kry twee weke betaalde vaderskapverlof sodra die baba gebore word.
Media buite die St Mary’s-hospitaal in Londen sit egter angstig en wag vir enige nuus. Die Sun en Daily Telegraph het regstreekse uitsendings van buite die hospitaal op hul webwerwe aangebring, ingeval iets interessant sou gebeur.
Lees ook:
Rekordgetalle vir beroepswedders oor koninklike baba
William en Kate se baba in Julie verwag
Radioprogram ná fopoproep gekanselleer
Fopoproep-verpleegster dood aangetref
Video: Kate is ontslaan