1 000 vlugtelinge het afgelope week verdwyn, verdrink

Argieffoto van migrante naby Libië (Augustus 2015) Foto: Darrin Zammit Lupi / Reuters

Argieffoto van migrante naby Libië (Augustus 2015) Foto: Darrin Zammit Lupi / Reuters

Die Internasionale Organisasie vir Migrasie (IOM) reken meer as 1 000 persone het die afgelope week in die Middellandse See verdwyn of verdrink.

Minstens 700 vlugtelinge het sedert Woensdag verlede week verdrink toe hulle Europa vanaf Libië probeer bereik het.

Dit is die hoogste aantal vlugtelingdrenkelinge vanjaar, volgens die Verenigde Nasies se vlugtelingeagentskap UNHCR.

Drie skeepswrakke binne drie dae het tot die yslike dodetal bygedra.

Ander agentskappe, soos Dokters Sonder Grense (MSF), het Sondag gesê ons sal nooit die ware getalle weet nie. “Ongeveer 900 persone het moontlik die afgelope week in die Middellandse See omgekom. Europa, dit is ondraaglik,” het MSF op sy Twitter-rekening geskryf.

William Spindler, woordvoerder vir UNCHR, het gesê die kans dat iemand sal sterf op die roete tussen Noord-Afrika en Italië is tans 1 in 23. Vaartuie op dié roete is meer oorlaai as die vaartuie tussen Turkye en Griekeland en vervoer in sommige gevalle tot meer as 600 persone.

Na beraming het 2 510 migrante vanjaar in die Middellandse See omgekom, dit is 655 meer as dieselfde periode verlede jaar.

Lees meer: UNHCR, Europol

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Burger

Om op aarde te wees en te weet daar is nie vir jou nie…

Adoons

Vlugtelinge of veroweraars?

Jo

Ek kry hierdie mense bitter jammer…dis tragies.

Lance

Hulle hardloop weg van hulle geboorteland omdat dit onveilig is daar en die regering n groot gemors is …nou doen die mense alles om net daardie plek te verlaat …die wat dit kan bekostig ….en gee die wereld regtig om …hoop nie SA gaan die pad met die rooi oorpakkies wat alles net wil breek en vernietig oe

Therese van Schalkwyk

Wat verstommend is, is dat hierdie spesifieke vlaag van “vlugtelinge” uit Libië reeds maande gelede voorspel is deur alle betrokke partye en elke Jan Rap en sy maat. Dat daar so wragtiewaar tussen die VN, die EU, Interpol e.a. asook die onderskeie lande se regerings niks daadwerkliks gedoen kon word om die mense-smokkelaars plus hul armsalige skuite vas te trek nie, gaan die verstand heeltemal te bowe. Hierdie skurke lag in hul mou, terwyl mense met hul lewens boet. Ek het nie ‘n sweempie respek vir mense wat in die posisie is om hierdie tragedie te stop, maar dit op… Lees meer »