1 000 vlugtelinge het afgelope week verdwyn, verdrink

Argieffoto van migrante naby Libië (Augustus 2015) Foto: Darrin Zammit Lupi / Reuters

Argieffoto van migrante naby Libië (Augustus 2015) Foto: Darrin Zammit Lupi / Reuters

Die Internasionale Organisasie vir Migrasie (IOM) reken meer as 1 000 persone het die afgelope week in die Middellandse See verdwyn of verdrink.

Minstens 700 vlugtelinge het sedert Woensdag verlede week verdrink toe hulle Europa vanaf Libië probeer bereik het.

Dit is die hoogste aantal vlugtelingdrenkelinge vanjaar, volgens die Verenigde Nasies se vlugtelingeagentskap UNHCR.

Drie skeepswrakke binne drie dae het tot die yslike dodetal bygedra.

Ander agentskappe, soos Dokters Sonder Grense (MSF), het Sondag gesê ons sal nooit die ware getalle weet nie. “Ongeveer 900 persone het moontlik die afgelope week in die Middellandse See omgekom. Europa, dit is ondraaglik,” het MSF op sy Twitter-rekening geskryf.

William Spindler, woordvoerder vir UNCHR, het gesê die kans dat iemand sal sterf op die roete tussen Noord-Afrika en Italië is tans 1 in 23. Vaartuie op dié roete is meer oorlaai as die vaartuie tussen Turkye en Griekeland en vervoer in sommige gevalle tot meer as 600 persone.

Na beraming het 2 510 migrante vanjaar in die Middellandse See omgekom, dit is 655 meer as dieselfde periode verlede jaar.

Lees meer: UNHCR, Europol

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

MissDemeanor ·

Ek ook. En dan is mense so kil in hul reaksies op sulke tragiese gebeure. Ek dink altyd wat sal ek doen as my land skielik in oorlog gedompel is (en lets face it, die EFF sal dink dis ‘revolution’). As my land vernietig is en ek al vir meer as 4 jaar moes rondswerf uit die pad van geweld, dan sal ek ook dink daaraan om my kans te waag op die oop see. Hulle is mense, hulle is studente, boere, bakkers, haarkapsters net gewone mense soos ons.

Lance ·

Hulle hardloop weg van hulle geboorteland omdat dit onveilig is daar en die regering n groot gemors is …nou doen die mense alles om net daardie plek te verlaat …die wat dit kan bekostig ….en gee die wereld regtig om …hoop nie SA gaan die pad met die rooi oorpakkies wat alles net wil breek en vernietig oe

MissDemeanor ·

Presies Lance, jy is reg. Wat as dit met ons gebeur en die wereld draai net hul rug op ons. Ek glo nie Frankryk of Duitsland of Rusland of enige ander plek raak opgewonde as hul dink dat hul miljoene Suid Afrikaners moet help nie. ‘You get what you give’ , as jy wil leef in ‘n wereld waar ander deernis toon teenoor jou dan beter jy deernis toon aan ander.

Therese van Schalkwyk ·

Wat verstommend is, is dat hierdie spesifieke vlaag van “vlugtelinge” uit Libië reeds maande gelede voorspel is deur alle betrokke partye en elke Jan Rap en sy maat. Dat daar so wragtiewaar tussen die VN, die EU, Interpol e.a. asook die onderskeie lande se regerings niks daadwerkliks gedoen kon word om die mense-smokkelaars plus hul armsalige skuite vas te trek nie, gaan die verstand heeltemal te bowe. Hierdie skurke lag in hul mou, terwyl mense met hul lewens boet.

Ek het nie ‘n sweempie respek vir mense wat in die posisie is om hierdie tragedie te stop, maar dit op die mees onbeholpe wyse hanteer en vererger nie. As diktators van ryk olieproduserende lande gepak kan word, kan ‘n paar “people smugglers” tog sekerlik vinniger in die bek geruk word, of hoe?Dit het die vorige Premier van Australië, Tony Abbott, slegs ‘n week of twee geneem om die bote vol ekonomiese migrante na sy land te stop. Hy is natuurlik daarvoor verguis deur menseregte-aktiviste, maar waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg.

Daar kan met reg gewanhoop word aan die wêreld van vandag en sy sg. “leiers”.

MissDemeanor ·

As Amerika en Frankryk nie gaan inmeng het in Libiee nie dan was die probleem nie nou hier nie. Selfs al was Ghadafi ‘n diktator was daar nie weekliks duisende mense wat probeer wegkom het van hom af nie. Amerika moet hierdie mense huisves en ophou inmeng in ander lande se sake.

Joann ·

Lance ek stem saam. Maar dis dalk ons voorland ook. So jammer

John ·

Die vlugtelinge kom van orals uit Afrika. Hierdie proses is nie iets nuuts nie, maar strek oor duisende jare, waar mense glo die gras is groener elders. Magsgroeperings is ‘n gegewe en noudat skansmure tussen lande deur die VVO afgeskryf word en tegnologiese ontwikkeling ons in staat stel om oor afstande inligting te versend, sal die verskuiwing van mense dramaties toeneem veral ook omdat oorloe oor grondbesit nie meer so nodig is nie. Suid-Afrika is volgeprop van mense uit die noorde en geleenthede min. Europa is nou die teikenmark.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.