$1 miljoen-teiken vir paar tekkies

(Foto: Kena Betancur, AFP)

ʼn Paar tekkies wat enig in sy soort is, kan volgende week soveel as $1 miljoen (byna R15 miljoen) op ʼn veiling haal.

Dié leerskoene geskoei op Adidas se gewilde ZX8000-model en is versier deur die Duitse porseleinvervaardiger Meissen.

Dié skoene word sedert Maandag op ʼn Sotheby’s-aanlynveiling in New York te koop aangebied.

Afslaers hoop dat dit teen ʼn hoë prys sal verkoop, maar om bieëry aan te moedig is die minimum vir die Adidas-Meissen-skoene $1.

Indien bieërs by Sotheby’s se geskatte $1 miljoen kom, sal dit die rekord breek vir die duurste paar skoene. Dié rekord is reeds ʼn paar keer vanjaar gebreek, meer onlangs deur ʼn paar Nike Air Jordan 1’s-skoene wat in Augustus vir $615 000 (meer as R9 miljoen) gekoop is.

Hoewel die koper met die Adidas-Meissen-skoene kan doen wat hy of sy wil, is dit nie eintlik bedoel om gedra te word nie.

“Dié paar tekkies word eerder as kunsvoorwerp beskou,” het Brahm Wachter, direkteur van e-handelontwikkeling by Sotheby’s, gesê.

Die aanlyn veiling sal tot 16 Desember duur waarna die opbrengs na die Brooklyn-museum se program vir jong mense sal gaan. Die hoogste bod het teen Woensdagmiddag (SA tyd) op $6 500 (sowat R97 000) gestaan. – AFP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

14 Kommentare

jongste oudste gewildste
Deonne

Dit terwyl miljoene mense in ellende woon en honger ly en wat sou gee vir tweede handse plakkies om an hulle voete te sit! my vraag is: wat maak daai tekkies so waardevol?

koos10

My klein niggie verf op tekkies teen R320.00 Tekkies ingesluit. Met daai bedrag kan ek 46875 pare by haar koop en vir 128 jaar elke dag ‘n nuwe paar dra. Kuns of te not, dis pure malheid!

JohanR

Ek het myne by Tekkie Town gekry vir R399.

Cherry

Dis walglik!!!!!

Francois Le Cochon

Dis baie mooi!!!!