1 uit elke 12 Christene verduur ‘uiterste’ mates van vervolging

(Foto: Verskaf)

Wêreldwyd is daar 2,48 miljard Christene van wie ongeveer 215 miljoen “uiterste” mates van vervolging verduur.

Dit is volgens Geopende Deure se 2018-Wêreldwaarnemingslys (WWL), wat onlangs vrygestel is.

Geopende Deure stel jaarliks die lys vry wat die top-50 lande lys waar dit die moeilikste is om ʼn Christen te wees.

Die WWL meet die verskillende tipes vervolging wat Christene oor die wêreld ervaar. Dit neem onder meer die beperkinge in ag wat Christene in hul private lewe ervaar, of hulle saam met ander gelowiges byeen kan kom, asook die fisieke geweld wat teen hulle gepleeg word.

Vanjaar het Noord-Korea en Afghanistan die hoogste algehele vervolgingstelling verkry en dus staan dié twee lande boaan die lys. Die navorsingstydperk vanaf November 2016 tot Oktober 2017 het aangedui dat hierdie twee lande die maksimum punte gekry het vir die mate van druk wat op Christene uitgeoefen word.

Dít terwyl Pakistan die enigste land op die 2018-WWL was wat die maksimum punte vir “geweld teen Christene” verkry het.

Die toptien lande, en die punt wat hulle uit 100 gekry het, waar Christene tans die meeste vervolging ervaar, is soos volg:

(Foto: Verskaf)

  1. Noord-Korea (94)
  2. Afghanistan (93)
  3. Somalië (91)
  4. Soedan (87)
  5. Pakistan (86)
  6. Eritrea (86)
  7. Libië (86)
  8. Irak (86)
  9. Jemen (85)
  10. Iran (85)

Libië (nommer 7) en Indië (nommer 11) het albei met agt punte gestyg van verlede jaar af. In Indië se geval is dit duidelik weens die invloed van radikale Hindoeïsme. Tydens die 2018-WWL-verslagleweringstydperk is minstens agt Christene in Indië vir hul geloof deur militante Hindoes doodgemaak, minstens 34 kerke beskadig en amper 24 000 Christene aangeval.

Volgens Geopende Deure se navorsing is 3 066 Christene oor die wêreld na raming tydens die 2018-WWL-verslagleweringstydperk vermoor. Dié getal het gestyg vanaf die 2017-WWL, waar daar 1 207 Christensterftes aangeteken is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

LouE ·

Dan kom daardie lande se burgers by ons aan en dring aan op godsdiensvryheid. En boeta, laat jy net per ongeluk op een se toon trap. Ek dink ons is ‘n klomp softies. Ons moes lankal vasgeskop het.

Pieter Perold ·

LouE, ..wat van die mense wat glad nie gelowig is nie? Mag hulle ook n’ bestaansreg he?

PJC ·

Die meeste lande wat genoem word is moslem lande maar kyk hoe huil die moslems en die VVO as iemand iets aan hulle doen soos in Mianmar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.