Niemand is nog in hegtenis geneem nie nadat die Amerikaanse departement van omgewingsbewaring op 10 haaie in ʼn swembad in die kelder van ʼn huis in LaGrange afgekom het.
Die departement van omgewingsbewaring het in ʼn verklaring gesê sewe lewende haaie en drie dooie haaie is in die vlak water van dié kelder gevind.
Die haaie is glo deur kenners geïdentifiseer as sewe sandbankhaaie, twee luiperdhaaie en een hamerkophaai. Al die haaie was glo tussen 0,6 m en 1,2 m lank en moes oorleef in ʼn “swembad” in dié kelder wat ʼn deursnee van sowat 4,5 m het.
Volgens die nuuswebwerf ABC News is die haaie intussen na die Long Island-akwarium oorgeplaas vir verdere sorg.
Meer inligting is nie in dié stadium bekend nie. ʼn Polisieondersoek duur voort.
Nou het ek alles gehoor !!
Ooooh…….. dis hoekom die bure soek is ……..
Soos my dogter sê:”2+2+7=11 haaie. Een is seker geeët
Dagsê Jan
Dankie vir jou valkoog! Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.
Groetnis
Dalene
Nms. Maroela Media
Klink soos n James Bond movie :)
Hoe het ons as kinders gesê as iemand jou groet en se haai dan antwoord ons “haai in die see en jy daarby maak twee” hierdie 10 het mekaar net gegroet
:) :)
Arme haaie. Bly hulle kon gered word. Vandat die mens oorgeneem het, is die wereld besig om te verval.
If animals could speak, mankind would weep.
James Bond het hulle vergeet!
Wonder wat vir die haaie gevoer was vir kos, ek ruik ‘n rot