10 haaie in swembad in huis gevind

Die haaie in die swembad in die kelder (Foto: New York departement van omgewingsbewaring via AP)

Niemand is nog in hegtenis geneem nie nadat die Amerikaanse departement van omgewingsbewaring op 10 haaie in ʼn swembad in die kelder van ʼn huis in LaGrange afgekom het.

Die departement van omgewingsbewaring het in ʼn verklaring gesê sewe lewende haaie en drie dooie haaie is in die vlak water van dié kelder gevind.

Die haaie is glo deur kenners geïdentifiseer as sewe sandbankhaaie, twee luiperdhaaie en een hamerkophaai. Al die haaie was glo tussen 0,6 m en 1,2 m lank en moes oorleef in ʼn “swembad” in dié kelder wat ʼn deursnee van sowat 4,5 m het.

Volgens die nuuswebwerf ABC News is die haaie intussen na die Long Island-akwarium oorgeplaas vir verdere sorg.

Meer inligting is nie in dié stadium bekend nie. ʼn Polisieondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Dalene de Vente ·

Dagsê Jan

Dankie vir jou valkoog! Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Dalene
Nms. Maroela Media

Blommie ·

Hoe het ons as kinders gesê as iemand jou groet en se haai dan antwoord ons “haai in die see en jy daarby maak twee” hierdie 10 het mekaar net gegroet
:) :)

Helene ·

Arme haaie. Bly hulle kon gered word. Vandat die mens oorgeneem het, is die wereld besig om te verval.

Toppie ·

Wonder wat vir die haaie gevoer was vir kos, ek ruik ‘n rot

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.