10 sterf toe klein vliegtuig huis tref

Vliegtuigongeluk in die Filippyne (AP Photo)

Tien mense is Saterdag dood toe ʼn klein passasiersvliegtuig ʼn huis in Manila in die Filippyne getref het.

Die Piper-23 Apache-vliegtuig het by die lughawe in Plaridel, Bulcacan opgestyg voor dit neergestort en die huis getref het, het Eric Apolonio, woordvoerder van die burgelike lugvaartowerheid in die Filippyne, gesê. Al vyf mense aan boord en vyf mense op die grond is dood.

Hoofsuperintendent Julio Lizardo van Plaridel-polisie, het tydens ʼn telefoniese onderhoud gesê ʼn brand het ontstaan toe die vliegtuig die huis getref het.

Twee ander persone op die grond is beseer deur brandende puin.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. Ooggetuies beweer die vliegtuig het ʼn boom en ʼn elektriese paal getref voor dit die huis getref het.

Apolonio sê die vliegtuig, van Lite Air Express, was op pad na Laoag. Al die vliegtuie van die lugredery is gestrand terwyl ondersoekbeamptes die oorsaak van die ongeluk probeer bepaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.