Meer as 100 brandbestryders moes met helikopters vervoer word om ʼn brand by ʼn hotel in Switserland onder beheer te bring.
Die brand het Maandag by die Berghotel Schönhalden in St Gallen uitgebreek. Die paaie in die omgewing is egter met sneeu bedek en die brandweerspanne en hul toerusting moes met helikopters na die toneel vervoer word.
Geen gaste was tydens die brand in die hotel nie. Die opsigter is ongedeerd.
Die polisie stel ondersoek in na die oorsaak van die brand.