100 brandbestryders met heli’s na brand by hotel

Die hotel wat afgebrand het Foto:  Kantonspolizei St.Gallen, Facebook

Die hotel wat afgebrand het Foto:
Kantonspolizei St.Gallen, Facebook

Meer as 100 brandbestryders moes met helikopters vervoer word om ʼn brand by ʼn hotel in Switserland onder beheer te bring.

Die brand het Maandag by die Berghotel Schönhalden in St Gallen uitgebreek. Die paaie in die omgewing is egter met sneeu bedek en die brandweerspanne en hul toerusting moes met helikopters na die toneel vervoer word.

Geen gaste was tydens die brand in die hotel nie. Die opsigter is ongedeerd.

Die polisie stel ondersoek in na die oorsaak van die brand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.