100 houe vir vrou ná egbreuk, slegs 15 vir die man

ʼn Vrou word 100 houe toegedien in Idi, Oos-Atjeh (13 Januarie 2022) (Foto: CEK MAD/AFP)

ʼn Vrou van Indonesië is Donderdag 100 houe toegedien in die konserwatiewe Atjeh-provinsie ná sy egbreuk gepleeg het. Die man, wat alle beskuldigings ontken het, het slegs 15 houe gekry.

Ivan Najjar Alavi, hoof van algemene ondersoeke by die Oos-Aceh-staatsaanklaerskantoor, sê die hof het ʼn swaarder vonnis vir die getroude vrou opgelê omdat sy skuld beken het dat sy ʼn buite-egtelike verhouding gehad het.

Regters het dit moeilik gevind om die man, wat in daardie stadium die hoof van die Oos-Atjeh-visseryagentskap was, skuldig te bevind. Hy het alle skuld ontken, het Alavi bygevoeg.

“Hy het tydens die hofsaak niks beken nie. Hy het alle beskuldigings ontken. Die regters kon dus nie bewys of hy skuldig is of nie,” het Alavi aan verslaggewers gesê ná ʼn openbare geseling vir die oortreders van die Sharia-wet.

Atjeh is die enigste streek in die oorwegend Moslemse Indonesië wat die Islamitiese wet toepas. Geseling word toegepas vir klagtes van dobbelary, egbreuk, die drink van alkohol en gay seks.

As ʼn alternatiewe straf het die regters die getroude man skuldig bevind “dat hy liefderik opgetree het teenoor ʼn vroulike maat wat nie sy vrou is nie” ná die paartjie in 2018 deur plaaslike inwoners by ʼn palmolie-plantasie betrap is. Hy is aanvanklik tot 30 houe gevonnis, maar het appèl aangeteken by die Sharia- hoogste hof en Atjeh en die vonnis is tot 15 houe verminder.

Die vrou se geseling is tydelik opgeskort omdat sy nie die pyn kon verduur nie, aldus ʼn AFP-verslaggewer in die gebied.

ʼn Man wat skuldig bevind is dat hy omgang met ʼn minderjarige gehad het, is Donderdag ook 100 houe toegedien. Die man sal ook 75 maande tronkstraf uitdien vir die misdaad ná die geseling, aldus die staatsaanklaers.

Talle het die geseling Donderdag aanskou en video’s daarvan op sosiale media gedeel. Die gebruik word deur menseregtegroepe veroordeel, maar het voor die pandemie gereeld honderde toeskouers gelok. Indonesië se president Joko Widodo het ook gepleit dat die gebruik tot ʼn einde moet kom. Dit geniet egter groot ondersteuning onder Atjeh se bevolking.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

20 Kommentare

jongste oudste gewildste
Madeleine

TE ERG!!!

AW

Eish !!!

Debbie

Daai wet moet oral in gebring word. Dan sal daar minder egskeidings wees en mense sal n meer skoon en eerlike lewe lei

Shakespeare

Eish !!!! As Zuma daar gebly het sou eleventy hundred two thousand one millijon houe moes kry.

Rooivalk

Jammer dis nie hier so nie. Want die duiwel en sy trawante is los in SA. Die klomp wat so af dumpies wys is seker net so skuldig.