100-jarige vermoor vrou; pleeg selfmoord

Mense drom saam in die straat voor die huis waar die twee bejaardes se liggame gevind is. Foto: AP Photo/Northjersey.com, Tariq Zehawi

Mense drom saam in die straat voor die huis waar die twee bejaardes se liggame gevind is. Foto: AP Photo/Northjersey.com, Tariq Zehawi

ʼn Honderdjarige man van New Jersey in die VSA het Sondag na bewering sy slapende vrou met ʼn byl doodgekap voordat hy selfmoord gepleeg het.

John Molinelli, ʼn gemeenskapwoordvoerder, het gesê dat daar gereeld huishoudelike probleme tussen Michael Juskin en sy vrou, Rosalia (88), was. Die presiese rede vir die moord en selfmoord word egter steeds ondersoek.

Polisiebeamptes het die twee bejaardes se liggame in die huis gevind nadat ʼn familielid die owerhede gekontak het. Volgens bure was die egpaar gereeld in die gemeenskap gesien, hoewel hulle nie baie met die res van die inwoners gemeng het nie.

Familielede van die Juskins wou nie kommentaar lewer oor hul dood nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Carel ·

Dit help ook nou seker nie om te skei op daai ouderdom nie.

nig ·

Jinne dat so ‘n stokou man nou sy vrou so wreed moes vermoor!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.