100 petroltenkwaens in brand-katastrofe verwoes

(Foto: @AlikhanSiraj/Twitter)

Minstens 100 olie- en gastenkwaens is in ʼn ‘katastrofiese brand’ verwoes op Afghanistan se grootse handelskruising met Iran – verliese van miljoene dollar, het beamptes Sondag gesê.

Die brand, wat Saterdagmiddag by die Islam Qala-grens, 120 km van Herat, uitgebreek het, is grootliks geblus en ʼn ondersoek is van stapel gestuur na die oorsaak daarvan.

“Ons het gehoor dat 100 of 200 tenkwaens verwoes is, maar hierdie getal kan groter wees,” het Jailani Farhad, woordvoerder vir die goewerneur van Herat-provinsie, gesê ná hy die toneel besoek het.

Plunderaars het tydens die brand op die toneel toegeslaan en goedere gesteel wat oor die grens in- en uitgevoer word, het Younus Qazi Zada, hoof van die Herat-handelskamer gesê. “Die katastrofe is groter as wat ons gedink het,” het hy gesê. “Ongelukkig het onverantwoordelike mense ʼn groot hoeveelheid goedere geplunder.”

Qazi Zada sê die aanvanklike beraming is “miljoene dollar se verliese”.

Farhad het gesê ondersoekbeamptes het nog tyd nodig om die omvang van die skade te betaal.

Honderde mense, wat sê hulle is die eienaars van die vragmotors, het by ʼn nabygeleë polisiekordon saamgekom, in ʼn poging om toegang te bekom tot die toneel.

Sowat 20 persone is in die brand beseer, aldus Herat-gesondheidsorgbeamptes.

Die ministerie van finansies het gesê vroeë bevindings dui daarop dat die brand in ʼn tenkwa uitgebreek het voor dit vinnig versprei en “groot finansiële verliese”, insluitend brandstof, tenkwaens en doeanefasiliteite tot gevolg gehad het.

ʼn Afvaardiging van die hoofstad Kaboel sal ondersoek instel.

Daar is nie enige aanduiding dat militante verantwoordelik is vir die brand nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Duck ·

Nou weet jul hoe dit voel as hul ons trokke in ZA aan die brand steek

JohanR ·

En net daar skiet SA se petrolprys die hoogte in! Verwag ‘n verhooging Dinsdag aand die 23ste Febuarie……kom ons se maar R1.50 ‘n liter.

Sarel ·

Daar gaan die Olieprys …goeie versko ning vir nog
Geldmaak skema

Hendrik ·

Die oplossing is Afrika met elektries gaan (je), maar daar is nie genoeg elektrisiteit nie(aa), maar die Boere kan ‘n plan maak (je)..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.