104-jarige wil eie lewe neem

David Goodall. Foto: www.gofundme.com

Soos gebruiklik tydens verjaardagvieringe het die sjampanje in die lang glase geborrel en die kersies op die verjaardagkoek geflikker toe David Goodall vroeër vandeesmaand sy 104de verjaardag gevier het.

Hy het stil gesit en luister terwyl sy geliefdes vir hom sing. Toe het hy sy asem diep ingetrek, op ʼn wens besluit en die kersies doodgeblaas.

Maar dié verjaardag was soos geen ander viering nie. Goodall se verjaardagwens was om te sterf.

Goodall, ʼn botanikus en ekoloog van Perth in Australië, word beskou as die land se oudste wetenskaplike. Hy het ʼn vol en prestasieryke lewe wat agter hom lê, maar meen hy leef nou te lank en is gereed om dood te gaan.

Goodall sal volgende week na Switserland vlieg om deur middel van ʼn Switserse genadedood-organisasie sy lewe te beëindig.

Exit International, ʼn bewusmakingsgroep ten gunste van genadedood, het deur middel van ʼn skarefinansieringsinisitatief meer as 20 000 Amerikaanse dollar (ongeveer R250 000) ingesamel om die ekoloog se reiskoste, waaronder twee besigheidsklas-vliegkaartjies vir hom en sy verpleegster, te betaal.

Genadedood is onwettig in Australië.

Philip Nitschke, stigter van Exit International, het gesê Goodall het vandeesweek van Perth na Bordeaux gereis om van sy familielede te sien. “Nadat hy hulle finaal gegroet het, sal hy sy laaste reis na Basel in Switserland onderneem,” het Nitschke gesê.

ʼn Genadedood-kliniek het reeds Goodall se aansoek om genadedood aanvaar en hy sal op 10 Mei sy laaste asem uitblaas.

“David het hierdie besluit met ʼn gesonde verstand geneem. Inteendeel, David is fisiek ook gesond, hoewel die gehalte van sy lewe effens agteruitgegaan het,” het Nitschke verduidelik. “Twee maande gelede het hy geval. Daarna het hy besluit dit is tyd om dood te gaan. Hy sê hy het alles gedoen wat hy wou. Hy het probeer om self sy lewe te beëindig, maar nie daarin geslaag nie.”

Ná sy mislukte selfmoordpoging het Goodall in die hospitaal beland waar hy as ʼn risiko vir homself bestempel is.

“Sy dogter het hom gehelp om sielkundige hulp te kry nadat hy ontslaan is. So, David het na ons uitgereik vir hulp.” Nitschke het daarna die genadedood-kliniek genader en die nodige reëlings getref.

In 2015 het Johann Beukes, ʼn bekende sakeman, argitek en reisagent van Bloemfontein, ook met behulp van ʼn genadedood-organisasie na ʼn kliniek in Zürich, Switserland, gereis waar sy lewe beëindig is. Hy was 66 jaar oud en het aan ʼn seldsame siekte gely wat veroorsaak het dat die kraakbeen tussen sy gewrigte teen ʼn onvoorspelbare tempo verweer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Genieve ·

Genade wat lees ek hier..genadedood en sal sy laaste asem op 10 Mei uitblaas nou het ek als gehoor… het die man nie kleinkinders nie wil hy nie n bietjie tyd saam met hulle spandeer nie…vra net.

Han ·

God is die Beskikker oor lewe en dood. Hy gee aan die mens die lewe en Alleen Hy sal besluit wanneer die mens sal sterf, dus is hierdie besluit nie in die mens se hande nie.
As jy Hom nie in jou lewe erken nie, wel …

Lag maar ·

Wel dan mag jy nooit weer medikasie gebruik vir siektes nie. “God” het toegelaat dat jy siek word, “Hy” moet dan bepaal of jy gesond word.

BenaYaHU ·

Hierdie kommentaar is nie om enigeen te oortuig of te beinvloed.. dit is ter info – dws. opbouend en nie aanvallend! Wat jy besluit om hiermee te doen, is jou keuse en jy word geoordeel aan jou keuses.

@Han
Die “god” waarna verwys word is BESLIS nie die Skepper soos algemeen aanvaar word.. HY het ‘n NAAM .. en daar word gereeld vir HOM gesing in die vorm van HallalluYAH (Praise ye YAHUAH)..
Egter is SY naam, asook Sy seun se naam meer as 7000 keer opsetlik weggelaat en vervang met titels soos “god, here” asook vals name soos “jehovah, yahweh” ens.
Soek, Klop & Vra .. en jy sal vind die Waarheid!

@Lag maar
Verkeerde gevolgtrekking!
Indien ‘n individu Gehoorsaam leef, YaHUaH en Sy seun, YaHUsHa se Name aanroep, en Sy Guns as ‘n Gawe ontvang, dan is die Genesing steeds Sy Gawe. Indien ‘n persoon Hom nie, staan die individu onder Sy Deernis.. en bepaal sy/haar leefstyl watter implikasies hy/sy oor hom-/haarself spreek.
Dus, die gevolge van jou eie leefstyl bepaal dus jou oorsake/gevolge.. aksie/reaksie .. “what you sow, you wil reap” .. ens.
So, alhoewel ek absoluut gekant is teen Big Pharma, is dit veel eerder elke persoon se leefstylgewoontes wat bepaal wat met hom/haar gebeur.. (terloops, Big Pharma/Medies kan trauma behandel — Genesing is ‘n Gawe !)
Dus, jou kommentaar is geskoei op die verkeerde gevolgtrekkings/afleidings.
Groete

Denise ·

Ag nee jy is dan nog gesond gan sit by die see en ontspan rustig jy het nie pyne en skete nie los dit in jou Skepper se hande Hy sal besluit geniet jou kleinkinders of doen net iets positief lag help ook !!!!

brenda ·

Ek is n totale voorstaander van genadedood, ek hoop dit word wettig gemaak. Hoekom n las wees vir mense as jy sieklik word? Indien ek nie meer myself kan help nie sal ek ook vir dit vra.

Inderdaad ·

Ek beplan beslis om ook genadedood te gebruik. Moenie ander se besluite minag nie. Jy impliseer dat hulle dit nie sorgvuldig deurdink nie en sommer ligtelik besluit. Daar is diep gedink hieroor en ander se bespiegelinge bly slegs dit!

Liberaal ·

Aanmoediging om selfmoord te pleeg is deel van die liberale agenda. Viva liberale waardes, uit met die konserwatiewes wat lewe respekteer.

Casper Labuschagne ·

Ek gaan nie oor die meriete van genadedood of selfmoord oordeel nie, maar toe my stiefpa sewentig geword het, het hy gesê dat hy lank genoeg geleef het omdat elkeen van sy lewenslange vriende al oorlede is en alhoewel hy sy kinders en kleinkinders geniet, is hy die res van die tyd stoksielalleen en sonder vriende.

Gerhard ·

Dit is die probleem. Ons as mens moed eendag sterf. Daar is heelmoontlik ‘n “sielkundige” klok wat maak dat ons voel dit is tyd om nie meer hier te wees nie sodat ons kan aanbeweeg.

Theresa ·

Dink eensaamheid op 104 kan sieldodend en uitmergelend wees. Klink na ‘n baie intelligente mens wat sekerlik op elke vlak dit eers goed uitgepluis het.

Hendrik ·

My sussie het terminale kanker gehad en het ongelooflik swaar gekry. Verskriklike pyn en het feitlik doodgegaan van die honger. Twee weke voor haar dood het sy gese dat sy nou wil doodgaan. Na twee weke het sy ‘n baie baie pynlike dood gesterf in ‘n staatshospitaal terwyl die susters in die kantoor sit en gesels het. ……….

Gerhard ·

Die man het al selfmoord probeer pleeg, maar dit het nie gewerk nie. Min van ons is 104 jo (of sal ooit word) en ons weet nie hoe dit is nie. Dit is maklik om te oordeel.

AGnee Gerhard ·

Wie oordeel? Mense gee hulle mening. Wat het van vryheid van spraak geword? Niemand vloek of skreeu hier nie, mense voel net nie ewe sterk oor genadedood nie, gun hulle dit.

Venessa ·

Genadedood kan nie God se plan wees al probeer n mens dit goed praat dis soos selfmoord . God in beheer van sy saad neem en gee wanneer Hy wil jou woning op aarde tydelik hiernamals die ewigheid …

Jaco ·

Ek respekteer jou siening soos wat mense myne moet respekteer, mense glo dat kunsmatige beiendiging van n lewe sonde is, maar wat dan van kunsmatige verlenging van n lewe deur iemand wat aan majsiene te koppel om sodoende hom/haar aan die lewe te hou. Is beide dan sonde, want as mens nie sou inmeng nie dan sou God se wil geskied? En indien hul eendag medikasie ontdek wat kan voorkom dat selle verouder en dat mense tot 300 of 400 jaar oud word, gaan dit dan ook sonde wees?

Sjoe ·

EK is PRO genadedood, maar wragtie nie sommer net omdat iemand voel hy is oud en wil nou sterf nie. NATUURLIK indien iemand baie ernstig siek is of ‘n gestremdheid het en hy DAN besluit hy kan of wil nie voortgaan nie, by all means, dit is baie moeilik om van ander afhanklik te wees en daardie ontsettende pyn te verduur op ‘n daaglikse basis MAAR ek lees die oom is FISIES GESOND?? Regtig .. waar trek jy die streep? Weereens ek is pro genadedood maar slegs as jou liggaam so agteruit gegaan het en jy nie meer kans sien om aan te gaan nie . as jou verstand en liggaam nog sterk is WAAROM??

ek sê maar ook ·

Jammer ‘n inteligente taamlik gesonde persoon voel so. Ek het geen probleem met genadedood as mensy terminaal siek is net moet ly en daar geen hoop is of as iemand op allerhande masjiene is en die familie moet besluit of dit afgeskakel moet word of nie. Die wat nou so weer sê dis sonde en net God mag besluit, die mens mag nie inmeng met Sy besluite nie – wel wat van die wat lewens verleng met hartoorplantings, lewer-en nieroorplantings en selfs net medikasie om mense aan die lewe te hou? Dan geld dit ook as teen God se wil want as Hy wou hê jy moet gaan hoekom dan menslik ingryp met medisyne en oorplantings? Dis presies dieselfde.

kallie ·

Die man is relatief gesond en voel hy het te lank gelewe. Skande,iewers kan hy nog iets beteken vir die wetenskap en hy moet sy Skepper dank vir sy lewe….as hy terminaal siek was,was dit ‘n ander storie. Ek het 2 familie lede een wat Parkinson het en een Alzheimer,hulle is maar 64 en 66 onderskeidelik, hulle sou graag rolle wou ruil!

Johan ·

Jy sal nie toelaat dat jou hond ly onder pyn nie maar snaaks genoeg ons moet mense aan die lewe hou alhoewel hulle ly. Dit is hulle lewe en ek glo elke mens moet oor sy eie lewe besluit. As ‘n persoon erg ly en in pyn lewe is dit hulle reg om te besluit om ‘n pilletjie te sluk en hulle lewe te eindig. Maar snaaks genoeg vind Afrikaners dit te erg. Maar dit is glad nie erg om ‘n hond uit te sit nie wanneer hy te veel pyn het. Afrikaners is darem snaakse mense. Daarvoor is mense in Europa al heel verder gevorder as die kleine Afrikaner volkie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.