109 passasiers uit gekaapte vliegtuig vrygelaat

Die gekaapte Libiese vliegtuig van Afriqiyah Airways by Malta se Luqa Internasionale Lughawe (23 Desember 2016) Foto: AP Photo/Jonathan Borg

Die gekaapte Libiese vliegtuig van Afriqiyah Airways by Malta se Luqa Internasionale Lughawe (23 Desember 2016) Foto: AP Photo/Jonathan Borg

Minstens 109 passasiers van ʼn Libiese handelsvliegtuig, wat Vrydag gekaap is, is reeds vrygelaat.

Twee kapers het die vliegtuig van Afriqiyah Airways gekaap en dit na Malta herlei waar hulle geland het. Die kapers het gedreig om die vliegtuig op te blaas.

ʼn Beampte van die lugredery het gesê die kapers het hul bereidwilligheid aangedui om die passasiers vry te laat, maar gesê hulle gaan die vlieënier hou.

Malta se lughawensowerheid het gesê alle nooddienste is na die toneel ontbied en beskryf dit as “onwettige ingryping”. Die vliegtuig se enjin het nog steeds bly draai lank nadat dit om 11:32 vm geland het.

Staatstelevisie TVM het gesê die twee kapers aan boord het handgranate en gedreig om dit te gebruik.

Joseph Muscat, eerste minister van Malta, het op Twitter bevestig minstens 109 passasiers is reeds vrygelaat, maar die kapers en van die bemanningslede is nog aan boord.

Daar was 111 passasiers en sewe bemanningslede aan boord die A320-vliegtuig wat van Sebha na Tripoli in Libië gevlieg het, maar toe gedwing is om na Malta te herlei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sommer vies ·

Ek raak sommer vies as sulke idiote oor ander se lewens en eiendom beheer vat en as mens iets wil terug doen of regstel, het daai einste idioot skielik mense reg…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.