11 babas sterf in brand

hospitaalʼn Brand in ʼn hospitaal in Bagdad, Irak, het tot die dood van 11 babas gelei. ʼn Woordvoerder vir die hospitaal het gesê die brand is vermoedelik deur ʼn bedradingsfout veroorsaak.

Ahmed al-Roudaini, woordvoerder van Irak se minister van gesondheid, het gesê die brand het Dinsdagnag laat in die kraamsaal van die Yarmouk-hospitaal in die weste van Bagdad ontstaan.

Owerhede in Bagdad het die gebied vinnig afgesper en media van die toneel af weggehou. Mada Press, ʼn onafhanklike nuusagentskap in Bagdad, het berig 29 vrouepasiënte en sewe babas moes na ʼn ander hospitaal verskuif word nadat die brand uitgebreek het.

Brande weens elektriese foute is algemeen in Bagdad aangesien bedrading dikwels swak is en nie in stand gehou word nie. Nog ʼn bydraende faktor is die feit dat daar nie altyd genoegsame nooduitgange in geboue is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Inge ·

Wat de hel! Ek sal my baba die heeltyd by my hou van dag 1 af dan sou hy/sy oorleef het! Dit is verskriklik…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.