11 dood, meer as 900 ontsnap uit tronk

Argieffoto van ‘n Verenigde Nasies-vredesmag in die DRK. Foto: Sylvain Liechti/VN

Minstens 11 mense is dood en meer as 900 gevangenes het ontsnap ná ʼn aanval op die Kangwayi-gevangenis in Beni in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK).

Die aanval is deur ʼn  groep onbekende gewapende mans uitgevoer. Julien Paluku, burgemeester van die Noord-Kivu-provinsie waar die gevangenis geleë is, het gesê ʼn skietery het tussen veiligheidswagte en die aanvallers ontstaan.

“Vir nou is daar net 30 van die 966 gevangenes oor,” het Paluku gesê. Al Jazeera berig ʼn  aandklokreël is in Beni en die nabygeleë dorpie Butembo ingestel waarvolgens niemand teen 18:30 meer op straat mag wees nie. “Die enigste mense wat dan buite moet wees, is polisiebeamptes en soldate,” het Paluku gesê.

Noord-Kivu word al vir jare deur geweld geteister en sedert 2014 is daar al meer as 700 mense dood, talle van hulle doodgekap.

Kinshasha blameer die sterftes op die Allied Democratic Forces (ADF). Die ADF is ʼn rebellegroep en talle van hul lede was in die Kangwayi-gevangenis.

Sondag se aanval volg kort op die hakke van nog ʼn aanval Saterdag in die hoofstad Kinshasha waarin een polisiebeampte dood is en vier ander ernstig beseer is.

Daar was vandeesmaand al twee ander groot ontsnappings uit gevangenisse en ander soortgelyke aanvalle oor die afgelope drie weke.

Tientalle gevangenes het op 19 Mei uit die Kanangulu-gevangenis, sowat 40 km wes van Kinshasha ontsnap.

Op 17 Mei het rebelle van die groep Bundu Dia Kongo (BDK), wat Kinshasa se outoriteit verwerp, Kinshasha se hoofgevangenis aangeval en 50 gevangenes, insluitend hul leier, vrygelaat.

Spanning in die DRK loop sedert Desember hoog toe president Joseph Kabila se finale termyn amptelik verstryk het. Hy weier egter om die mag oor te gee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

christa Nagel ·

Het ons land nie genoeg om oor te praat nie. Wat in ander lande aangaan is hulle saak

jennifer ·

Meer nuus uit Afrika moet in Suid Afrika bekend word, dis die enigste manier hoe mense vergelykings kan maak en die ellende aan die kaak kan stel.

Sê net ·

Jy is reg Christa, maar onthou, ander lande se mense sê dalk dieselfde oor Suid-Afrika

A ·

Christa, ek dink dis baie nuuswaardig. Helfte van daardie ontsnaptes (en die res) vlug SA toe. En ons sit met ‘n groter probleem. Beter dat ons weet wat wag……

Jean ·

Seker almal oppad SA toe, hier hoef hulle nie tronk toe te gaan nie. Hier kry hulle huise en geskenkpakkies en beurse om verniet te gaan studeer.

humor ·

In n erg on ontwikkelde Afrika land is daar vanaf 2014 maar net 700 mense dood. In n eens hoogs ontwikkelde SA is hoeveel 1000 dood. So ons moet begin ernstig nadink. Die foto saam met die berig…….gaan dit die uiteinde van onse SA wees???? As die huidige regering en administrasie so voortgaan is dit glad nie so onwaarskynlik nie.

Termyn? ·

Termyn om dan uit te tree? Se voet in Afrika. Hier is die dood die beslisser.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.