11-jarige aborsie geweier

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 11-jarige meisie van Paraguay wat swanger geraak het nadat sy glo deur haar stiefpa verkrag is, kon nie ʼn aborsie kry nie.

Die organisasie Amnestie Internasionaal het uitgevaar teen die land se “drakoniese wette teen aborsie” nadat die meisie Donderdag geboorte geskenk het. “Ons is baie bly om te hoor dit gaan goed met Mainumby [soos die meisie in die media gedoop is] en die baba, maar sy is gelukkig om te leef. Slegs die tyd sal leer wat die omvang is van die fisiese en sielkundige gevolge van haar tragiese beproewing,” het Erika Guevara, ʼn direkteur van Amnestie Internasionaal, gesê.

Guevara het gesê hoewel Mainumby nie dood is nie, verskoon dit nie die menseregtevergrype waaraan sy onderwerp is nie. “Die owerhede in Paraguay het met haar gesondheid, lewe en integriteit gedobbel, ondanks oorweldigende bewyse dat die swangerskap uiters riskant was en ondanks die feit dat sy ʼn verkragtingslagoffer en ʼn kind is.”

Guevara het Paraguay gekritiseer oor sy toepassing van menseregte. “Dit is skrikwekkend dat haar storie ʼn alledaagse gebeurtenis sal bly indien Paraguay nie meer doen om slagoffers van seksuele geweld te beskerm en aborsie wettig nie.”

Die owerhede in Paraguay se weiering om die meisie toe te laat om ʼn aborsie te kry, het plaaslik en internasionaal onder skoot gekom en woede uitgelok.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Janine ·

Dit is so ongelooflik verkeerd! 11 jaar oud en klaar ma agv ‘n vark wat nie weet wat die woord: pa, beteken nie. Hoekom so kleine dogtertjie straf?

mientjie ·

Hoekom die baba straf vir sy pa se sonde!! Aborsie is moord!!

nig ·

Mientjie dink voor jy galbraak. Daardie arme kind wat geen keuse of sê had in die gruweldaad moet nou deur grootmensdinge gaan en sy verstaan seker die helfte nie eers nie! Ek hoop iemand kan haar help. Anders sit sy vir die res van haar lewe opgesaal met ‘n kind terwyl sy haar kinderlewe moes opgee en natuurlik ook nie geld sal he om die kind groot te maak nie. Of is dit maar reg soos dit hier gaan dat vroeuns die baba “full term” dra en dan in ‘n asblik of in die veld gooi – want dis wat gebeur omdat hulle nie weet van aborsies nie en dis myns insiens erger! Maklik om moord te skree as jy nie in haar skoene staan nie

mientjie ·

Hoekom die baba straf? Wil jy n baba vermoor vir sy pa se sondes? Aborsie is moord! Punt!

lisa ·

Ek raak simmer kwaad as sulke mense dit aan hulle kinders doen. Dis baie siek. Hy moet gestraf word.

V ·

Straf die siek gemors vark psigopatiese pa!!!Jinne ek wens net daar wil daadwerklik met sulke mense afgereken word.Jou vark!Dit is nou hoe n pa n voorbeeld vir n kind stel,hoe moet jy dan jou pa eer.Ek raak sommer woedend as ek sulke goed hoor.

Yvonne ·

Nee mense regtig!!
Ja aborsie is moord as jy NIE ‘N VERKRAGTINGSLAGOFFER IS NIE!
Sy is nog ‘n kind, wat deur die trauma van ‘n verkragting is en dan moes swanger raak en boonop geboorte gee aan die kind
Nee wereld, dis die wreedste wreedste manier ooit. Dink waardeur daai kind gaan, sy het nie gevra daarvoor nie
En nou wil julle aanhou haar straf ook daarvoor!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.