11-jarige vang graad

William vang graad. Foto: St. Petersburg College/Facebook

Hy is nog nie stemgeregtig nie en ook nie oud genoeg om te bestuur nie, maar die 11-jarige William Maillis het reeds ʼn graad.

Bay News 9 berig William het Saterdag ʼn Associate in Arts-graad aan die St. Petersburg College in Florida, Amerika, verwerf. Die tweejaargraad sluit kursusse in Engels, beeldende kunste, tale, geskiedenis, filosofie, sielkunde of sosiologie in.

Volgens die berig het William op die ouderdom van nege sy skoolloopbaan voltooi. Volgens sy ouers het hy al op tweejarige ouderdom basiese wiskunde gedoen en teen vierjarige ouderdom algebra die stryd aangesê.

William vang graad. Foto: St. Petersburg College/Facebook

“Ek is gefassineer deur William en die werk wat hy al gedoen het. Hy is briljant,” het dr. Tonjua Williams, president van die St. Petersburg College, gesê.

Volgens William kry alle mense sekere “geskenke” van God af. “Ek het die geskenk van kennis, wetenskap en geskiedenis ontvang.”

William is nie een vir stilsit nie en begin reeds volgende maand met klasse aan die Universiteit van Suid-Florida.

“Ek wil ʼn astrofisikus word en deur wetenskap aan die wêreld bewys dat God bestaan.”

William wil graag teen 18-jarige ouderdom ʼn doktorsgraad behaal.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Eish ·

Mens kan sommer sien die seun kom uit n eersteklas ouerhuis!
” Ek wil n astrofisikus word wat deur wetenskap bewys dat God bestaan.”
Hy gaan ongelooflike teenkanting uit die akademiese wêreld kry. Mag sy ouers daar wees vir ondersteuning.
Hy sal nie ver hoef te soek nie.
Die skepping vereis n Skepper. Ons het nie ontstaan uit n pot kokende biotiese sop nie.
Ontwerp het n ontwerp nodig.
Wette het n wetgewer nodig.
Lewe het n lewegewer nodig.
Vervulde Bybelse profesieë.
Dan die taaies wat net deur persoonlike ervaring bevestig kan word:
Verhoorde gebed.
n Lewenswyse wat werk.
Sterkte vir die aspirant wetenskaplike en sy aardskuddende lewenstaak!

Waarom ·

Dit lyk of hy uit ‘n welgestelde familie kom. Dalk is een of albei van sy ouers in ‘n akademiese veld werksaam. Dis goed dat hy God erken. Mag al sy verwagtinge oortref word.

Domkop ·

Baie geluk en jy verdien dit sekerlik. Ek wonder net hoe regverdig dit regtig teenoor die kind is. ‘n Verlore kinderlewe kan jy nooit terugkry nie. En leer hy darem ook die nodige sosiale vaardighede aan wat normale kinders uit speel en interaksie met ander kinders leer. Ek veronderstel dis seker ‘n moeilike balanseertoertjie vir die ouers.

Estelle ·

Die alternatief sou baie meer katastrofies wees. Ñ hiper inteligente kind wat verveeld is met die skoolwerk, dan begin om amok te maak om homself te vermaak en op die ou end is hy met elke enkele afwyking en sindroom onder die son gediagnoseer en in ñ zombie verander wat sakke vol pille sluk en dwelms misbruik. (Worst case scenario).
Welgedaan aan die ouers! My kinders sou verseker nie op 11 vir sulke groot dinge gereed wees nie, maar dit is ook goed en aanvaarbaar vir my. Hulle mag maar net gemiddeld wees. Net soos hierdie seun maar ñ genie mag wees.

Dink net ·

Dit is vir my altyd snaaks dat mense dink dat omgang met ander kinders nodig is vir jou om ‘n normale lewe te lei. Dink net wat kry hierdie seun. ‘n Ewigheidslewe wat veel meer vir hom sal beteken as ‘n “normale kinderlewe”.
Mens kan tussen baie wees en tog nog eensaam wees.
Dalk hang geluk soveel meer af van waarheen jy oppad is, as wat jy nou beleef.

Ookñmamma ·

Sjoe! Wow!
Domkop, daar is geen manier wat jy ñ 2 of selfs 4 jarige kind kan dwing om wiskunde te doen nie. Hy sal dit doen as hy wil en reg is daarvoor en dit verstaan. Die kind is duidelik ñ genie en ek vermoed hy het geen begeerte om buite te speel en kind te wees nie. Mag hy net voorspoed in sy lewe hê! Mag hy op die regte pad bly, geanker in ons Vader!

Adriaan ·

Daar is ongelukkig by sulke kinders altyd ‘n wanbalans. Dis mos logies dat hy nie met sy eie ouderdom sal kan kommunikeer nie en bygevolg nie deur die tydsame proses van sosiale normes en aanvaardingsprossesse sal gaan wat geskep en aangeleer word van geboorte tot ten minste 21 jaar oud nie. Dis egter glad nie te sê dat hy noodwendig hy nie sal aanpas in die sosiale omgewing nie, alles hang af van die omstandighede wat by die huis en universiteit vir hom geskep word.

Wonder ·

Daar is ‘n wanbalans in almal van ons se lewe. Iets kry altyd die voorkeur ten koste van iets anders. Sosiale vaardighede ontbreek ook by die meeste kinders deesdae, want hulle speel nie buite nie en speel die hele tyd rekenaarspeletjies of sit voor die TV. Hierdie kind kan dalk nie nou met 11-jariges assosieer nie, maar eendag wanneer hy ‘n grootmens is, sal dit nie saakmaak nie.

Voorwaards ·

Hy het DOEL VISIE en MISSIE
mag hy sommer vinnig die werkie klaarkry,
so tussen ‘n speletjie geselsie of fisika sal hy fiks word. Net fokus hou.

ZAR ·

Werklik iets om oor trots te wees! Wel gedaan seuna! Mag jy die wysheid van Salomo hê. Ek sien uit om te sien wat jy als gaan bemagtig met jou wysheid, wetenskap en geskiedenis! Pragtig man, ek bedoel seun!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.