11 skok dood tydens prosessie in Indië

Mense loop in ʼn prosessie tydens die jaarlikse fees vir die Hindoegod Basavanna in Bangalore (26 April 2022) (Foto: Manjunath Kiran/AFP)

Minstens 11 mense, insluitend drie minderjariges, is Woensdag dood toe ʼn tempel-prosessie in kontak gekom het met ʼn hoogspanningsdraad in Indië.

Die skare het na bewering water gebruik om die brand mee te bestry toe die bokant van ʼn strydwa aan die draad geraak het in die suidelike staat van Tamil Nadu.

Minstens 15 ander mense is gehospitaliseer ná die voorval omstreeks 03:00 (2130 GMT).

“Die bokant van die strydwa het baie dekor opgehad en dit is die deel wat aan die draad geraak het,” het V Balakrishnan, senior polisiebeampte, aan AFP gesê.

Die slagoffers was deel van ʼn span wat die strydwa gesleep het. Minstens drie mense is op die toneel dood.

Honderde geestelikes het aan die prosessie deelgeneem wat al vir ongeveer 90 jaar lank jaarliks plaasvind.

ʼn Senior polisiebeampte het aan die uitsaaier NDTV gesê die kragdraad langs die roete word gewoonlik afgeskakel, maar dit het nie hierdie jaar gebeur nie.

Eerste minister Narendra Modi het op Twitter gesê hy is baie hartseer oor die voorval en het verligting van sowat $2 600 vir die families  van die slagoffers belowe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.