11 sterf ná begrafnis

Argieffoto

Die polisie in Indië het gesê agt kinders en drie volwassenes het verdrink toe hul veerboot in ʼn oorstroomde rivier omgeslaan het.

“Familielede het op die oewer van die Kosi-rivier bymekaargekom terwyl reddingsbeamptes die liggame uit die rivier gehaal het,” het Navin Kumar Singh, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die slagoffers het glo Donderdagaand ná ʼn familielid se begrafnis van ʼn dorpie aan die oorkant van die rivier teruggekeer. Vier-en-twintig mense kon na die oewer toe swem.

Swaar reënval in die gebied het sekere riviere laat oorstroom waar bote gewoonlik as vervoermiddel gebruik word in afgeleë gebiede. Ongelukke is algemeen, aangesien veerbote swak gebou is en dikwels oorvol gelaai word met min agting vir veiligheidsregulasies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.