Ongeveer 110 000 bye is uit ʼn hospitaal in Cardiff, Wallis verwyder nadat heuning teen die mure begin afdrup het.
Pasiënte in Rookwood-hospitaal se bejaardesorg-eenheid het verstom gestaan toe die heuning teen die mure in die saal begin afdrup het, berig Wales Online. Personeel het handdoeke gebruik om te keer dat die heuning op die vloer drup voor hulle plaagbeheer gekontak het.
ʼn Spesialismaatskappy het die byekorf verwyder en vandeesweek Dinsdag teruggekeer en nog 50 000 bye uit ʼn ander gebou verwyder.
“Dit klink byna soos iets wat Bybelse afmetings aangeneem het met heuning wat deur die mure en uit die plafon kom,” het Abigail Reade van die nie-winsgewende maatskappye, The Tree Bee Society, gesê. “Maar mense wat daar verbygeloop het, sou nie die korf gesien het nie en dit het al hoe groter geword.”
Volgens Reade is daar gewoonlik minstens 50 000 bye in ʼn normale kolonie, maar daar was tussen 60 000 en 70 000 bye bo die bejaardesorg-eenheid, aangesien die korf al minstens vyf jaar lank daar is.
Die maatskappy het ʼn gat in die dak gemaak om die korf te verwyder. Die korf is daarna op ʼn raam vasgemaak en die bye kon in ʼn boks versamel word.
Reade het gesê met só groot operasie verwag hulle om elk minstens 10 bysteke op te doen.
The Tree Bee Society is reeds sedert die einde van Julie met die operasie by die Rookwood-hospitaal besig.
Lees meer: Wales Online, BBC, Huffington Post, Mirror, Sun
En van hulle (die bye) is ons (alle lewende wesens wat ook plante insluit ) se hele voortbestaan afhanklik. Geen bye en dis verby met ons. Daar is alreeds wêreldwyd ‘n afname van bye. Bêre dus jou gif.
Die gezoem van die bye tussen die oumense se dye . . .
Nou gaan ek ‘n vet kans vat met Maroela. Miskien verban hulle my, of miskien nie. Help asseblief die bye….deur ‘n korf te borg (as jy nie self een wil of kan aanhou en versorg nie) As jy meer wil weet en betrokke wil raak…. [email protected]
Was daar nou n ou wat al 110 000 bye getel het? Dalk zuma?
Dawid dis wat ek ook wil weet,het hul almal getel? Sjoe bless my soul.
My eerste gedagte was (en is ook nog): wie het hulle getel? Maar ek stem, bye moet bewaar word.
Nee, ons tel nie die bye nie. Wanneer ons ‘n wilde swerm uithaal….tel ons die pote en deel deur ses!!!
Skerp humor Johann, dankie.
Dis makliker om net al die crocks op te tel by die deur en dan deur ses te deel.
Plaagbeheer!!! Gmmmfff….. dit is nie ‘n plaag nie maar ‘n oes!