1,2 miljoen handtekeninge ná ‘ligte tronkstraf’ vir verkragter

Brock Turner (Januarie 2015) (Foto: Santa Clara County Sheriff's Office via AP)

Brock Turner (Januarie 2015) (Foto: Santa Clara County Sheriff’s Office via AP)

ʼn Vroueregtegroep het Vrydag ʼn petisie aan die Kommissie op Geregtelike Prestasie oorhandig om ʼn regter te verwyder ná hy ʼn “ligte tronkstraf” opgelê het vir ʼn veroordeelde verkragter.

Regter Aaron Persky het Brock Turner, ʼn voormalige Stanford University-atleet, tot ses maande tronkstraf gevonnis. Die regter het aangevoer ʼn langer tronkstraf sal Turner se toekoms benadeel.

Die vroueregtegroep, UltraViolet, het 1,2 miljoen handtekeninge ingesamel toe dit na die kommissie se kantoor in San Francisco gestuur is. Die petisie is hoofsaaklik ʼn simboliese gebaar, aangesien dit ongehoord is dat ʼn regter op só manier verwyder sal word.

Persky is wyd veroordeel vir sy vonnis wat volgens kritici en aktiviste “heeltemal te lig is”.

Turner het die bewustelose vrou seksueel aangerand.

Staatsaanklaers het versoek dat Turner minstens tot ses jaar tronkstraf gevonnis moet word.

Gevangenes dien gewoonlik net 50% van hul vonnisse uit indien hulle goeie gedrag toon en Turner kan dus moontlik binne drie maande weer vrygelaat word. Hy word in afsondering van ander gevangenes gehou, volgens standaardpraktyk vir hoëprofielgevangenes wat moontlik geteiken kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

LTVW ·

WELKOM in die VSA! Hoop net nie iemand in die SA regsstelsel “kry idees” nie…
Dit is skrikwekkend dat die skuldige se “toekoms” benadeel sal word…
Dis die KRIMINEEL se PLIG om aan sy toekoms te dink – VOOR HY DIE DAAD PLEEG, nie die regstelsel se plig/doel nie!!
Soos ek hier verstaan, is die uitspraak jn GUNS van die KRIMINEEL, want hy het ‘n toekoms….toekoms om WEER n daad te pleeg, en dan dalk is die verskoning “sy oudag/aftreetyd” kan benadeel word. #SêMaarNet #USALaw

Colette ·

Hierdie is ‘n baie groot storie in Amerika. Die klein vloeksteen het ‘n onskuldige meisie liederlik verkrag. Wat hy aan haar gedoen het is walglik. Ek wens verkragters wil net vir een oomblik ervaar waardeur hulle hul slagoffers laat ly. Daar is iets binne jou wat doodgaan. Jy kom nooit daaroor nie.

Lance ·

En in SA word daar elke 4 min iemand verskrag …wow 2 werelde ne

Dawid ·

Volgens VSA hofstukke was die meisiekind smoordronk en die ou was smoordronk en blykbaar was die seks instemmend. Hoe nou?

Het mense nie meer ‘n verantwoordelikheidsin vir jou eie veiligheid nie?

Rupert Ashford ·

Die tronkstraf gaan nie veel impak he op sy toekoms in ‘n beskaafde land soos die VSA nie. Sy naam kom op ‘n seksoortreder register vir die res van sy lewe, en die register word geraadpleeg as hy aansoek doen vir werk. Hy is ook deur die VSA se swemliggaam geskors (hy was op die Universiteit se swemspan) so hy het geen toekoms meer nie en kry sy verdiende loon. Die meisie was bewusteloosdronk. Vrae: Was sy alleen daar? Neem sy verantwoordelikheid daarvoor? Is dit haar normale optrede? In my opinie was sy ook vrek onverantwoordelik en kan sy haar sterre dank dat sy lewend daaruit gekom het.

Meisie ·

Ek stem. Jy kan nie in vandag se wereld so naief wees nie meisie. As jy gaan smoordronk raak – wat is die plan? Het jy ‘n pel wat jou gaan vang of gaan jy wetend gesuip raak en dan “bewusteloos pleit” wanneer die pawpaw die proverbial fan slaan? Komaan, ons kan ook nie altyd “victim” speel nie – dit raak mal afgesaag! Jy weet mos wat jy doen en ongelukkig is die wereld nie hier om jou veilig te hou nie. Ons kan nie aanhou met die “my nee is nee” en “ek mag aantrek soos ek wil nie” – komaan man, jy’s slimmer as dit…

johann cb ·

Ek stem met Dawid saam. Miskien moet die meisie ook nou met die volle waarheid na vore kom. Albei het waarskynlik ewe veel skuld aan wat gebeur het.

broos ·

nog ‘n Oscar? miskien moes hy aan sy sport loopbaan gedink het voordat hy die vrou verkrag het? en hoe verkrag jy iemand wat bewusteloos is? wat kry jy daaruit? absoluut siek!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.