1,2 miljoen moet uit Viëtnam ontruim

Tifoon Tembin (Foto: Weather Philippines)

Die Viëtnamese regering het beveel dat bykans 1,2 miljoen persone moet ontruim voor ʼn kragtige tifoon die suide van die land tref.

Tifoon Tembin, die 16de storm wat die land dié jaar tref, het tot die dood van minstens 230 persone in die Filippyne gelei. Die tifoon sal waarskynlik Ba Ria-Vung Tau en Ca Mau Maandag tref, met winde van tot 100 km/h, het die nasionale weerburo gesê.

Minstens 75 000 persone is Maandagoggend omstreeks 01:00 reeds ontruim, het die rampbestuursentrum gesê.

Owerhede het ook 310 000 vissermanne en hul 63 000 vissersbote opdrag gegee om geanker te bly by hawens.

Talle provinsies het studente toestemming gegee om Maandag en Dinsdag by die huis te bly, insluitend 2 miljoen skoliere en universiteitstudente in Ho Chi Minh City.

Tifoon Tembin is na verwagting net so sterk soos tifoon Linda, wat die streek 20 jaar gelede getref het en meer as 3 111 persone dood of vermis gelaat het.

Minstens 230 persone is dood en ongeveer 120 word nog vermis ná die tifoon die Filippyne getref het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Vergelyking ·

Tifoon of tornado, dan praat ook ons van tornado’s in SA. Die ergste by ons is wat die oumense ‘n ‘Werwelwind’ noem. Die dwarrel- of warrelwind is maar die stofwarrel met meer stof as iets anders. Die werwelwind is die kleinboet van die tornado met aansienlike skade maar nie naastenby van ‘n tornado. Kyk by https://nl.wikipedia.org/wiki/Wervelwind na ‘n pragtige definisie. Waar is die weerkundiges onder julle met meer geleerdheid?

Koos ·

Tifoon, Sikloon en Orkaan = Selfde verskynsel. Naam hang af waar hy voorkom. Almal oor water en breek op sodra hulle land tref – hulle benodig water om te bestaan. Tornado = “Twister” – die een met die tregter of “slurp”. Meestal oor land, wissel van enkele meters tot honderde meters in deursnit. Warrelwind = dwarrelwind = die kleintjie wat ons soms op vlaktes of plaaspaaie sien. Beide tifone, siklone en orkane sowel as tornado’s draai volgens die halfrondte – m.a.w. kloksgewys of antikloksgewys.

Valerie ·

As iemand in ‘n professionele beroep, moet ek maar net vir jou sê dat “Wikipedia” niks werd is nie; dit is soos die Chappies “Het Jy Geweet” papiertjies van jare gelede. Wikipedia beteken niks en dra geen gewig in die professionele wêreld nie en nog minder (indien moontlik) in die mediese omgewing.

Stefan ·

“Hurricanes, cyclones, and typhoons are all the same weather phenomenon; we just use different names for these storms in different places. In the Atlantic and Northeast Pacific, the term “hurricane” is used. The same type of disturbance in the Northwest Pacific is called a “typhoon” and “cyclones” occur in the South Pacific and Indian Ocean.” https://oceanservice.noaa.gov/facts/cyclone.html

Cherokee ·

Tifoon, tornado en orkaan is presies dieselfde element. Dit word slegs verskillende name genoem in verskillende lande, so wat jy dit noem hang af van waar jy woon. Hier waar ons woon was twee tifone die afgelope maande. Die laaste het gedeelte van ‘n die woonstelblok langs ons se dak op die woonstelblok aan die oorkant van die straat, se dak laat beland.

Rickman ·

Daar is ‘n meer van ‘n verskil: tornado’s vorm oor land, tifone en orkane vorm oor die see en beweeg in die land in. Tornado’s beweeg nie van die land in die see nie.

Capie ·

Tifone en orkane is een-en-dieselfe. Tornado’s is egter heeltemal ‘n ander weerverskynsel. Google dit!

Marianne ·

Mensies, wat maak die naam saak…. opskrifte moet lui..
Ontruim en skull! ma van alle storms oppad.

zoom zoom ·

Hoe weet julle dat dit 1.2 miljoen mense is. Is daar ‘n deut toy deur telling gemaak of id nou maar ‘n raai raai telling

Deon Meyer ·

Zoom-zoom – Nee dit is die beraamde getal wat sal moet ontruim.Dit bly steeds ‘n groot getal,as jy sal verstaan hoeveel mense dit eintlik is.

ben ·

Die getalle maak nie sin nie. Die hoeveelheid vissermanne?????

Barefeet evangelist ·

Weet jul of daar uitruike gaan wees daarna toe. En weet julle watter datum dit is en is daar al opvolging van die story.

Koos ·

Uitruik (om iets of iemand te kry om die pad te vat d.m.v. reuk – bv. ‘n stinkbom) of uitrook (om iemand of iets te kry om die pad te vat d.m.v. rook – bv. ‘n rookbom) is dalk nie heeltemal wat jy ingedagte het nie. Bedoel jy dalk uitREIK?

Stomgeslaan ·

Al die kommentaar gaan my verstand te bowe. Ek was altyd onder die indruk dat mense wat baie lees (en veral nuus) meer ingelig en intelligent is as die normale Jan Rap en sy maat, maar dis duidelik nie die geval nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.