12 vas ná Londen-terreuraanval

Nooddienste by die Londen-brug ná die terreuraanval (3 Junie 2017). Foto: Dominic Lipinski/PA via AP

Twaalf mense is in hegtenis geneem in verband met die terreuraanval Saterdagaand op die Londen-brug in Londen, Engeland.

Die Britse polisie het in ʼn verklaring gesê die verdagtes is Sondagoggend in Barking in hegtenis geneem deur beamptes van die polisie se eenheid vir teen-terrorisme. Volgens die polisie vorder hul ondersoek na die voorval vinnig. Theresa May, die Britse eerste minister, het die Islamitiese Staat (Isis) vir die voorval blameer.

Britse media het vroeër berig gewapende polisiebeamptes is besig om ʼn klopjag op ʼn woonstelblok in Barking, ʼn woonbuurt in die ooste van Londen, uit te voer. Beeldmateriaal van Sky News het gewys hoe polisiebeamptes die gebied rondom die woonstelblok afsper, maar die polisie wou nie onmiddellik meer inligting oor die operasie bekendmaak nie.

‘n Helikopter land op die Londen-brug in Londen (3 Junie 2017). Foto: AP Photo

Maroela Media het vroeër berig ʼn bussie het Saterdag in voetgangers op die Londen-brug ingeploeg voordat drie aanvallers mense by nabygeleë kroeë en restaurante met messe aangeval het. Die polisie het al drie aanvallers doodgeskiet. Sewe mense is in die aanval dood en ongeveer 48 beseer. ʼn Britse verkeersbeampte en ʼn polisiebeampte wat van diens af was, is deel van die slagoffers wat beseer is.

Amber Rudd, Britse minister van binnelandse sake, het intussen gesê die land se terreur-waarskuwingsvlak sal nie verhoog word nie omdat die polisie glo daar is nie nog oortreders op vrye voet nie. Die vlak is na “kritiek” verhoog kort ná die selfmoordbomaanval in Manchester verlede maand terwyl die polisie onverpoosd gewerk het om die aanvaller se moontlike medepligtiges vas te trek.

Die vlak is nou op “ernstig”, wat beteken ʼn terreuraanval is hoogs waarskynlik. Rudd het aan ITV gesê meer moet gedoen word om die “vlaag van aanlyn Jihadi-propaganda wat mense tot radikalisme aanmoedig” te beveg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Sluimer ·

“Daar is nie nog oortreders op vrye voet nie” ??? Dit was al die derde aanval! Nog n bietjie slaap, nog n bietjie sluimer. Vir wie draai julle n rat voor die oë??

Gizelle ·

My bekommernis is dat die Britte en die internasionale media se histrioniese reaksie op elke aanval radikale elemente aanspoor om nog aanvalle uit te voer. Daarom verwag ek nog ‘n aanval daar binne die volgende week of twee.

Cherokee ·

Gizelle, wou sou jy sê hoe die Britte en Internasionale media moes reageer in teenstelling met hoe hulle doen? Die moslems laat hulle nie lei deur dit wat jy ‘histrioniese reaksie’ noem nie. Hulle word gedryf deur ‘n 3de mag. Dit is ‘n mag wat nie van hierdie wêreld is nie. Moet nie vergeet dat dit die antichris is waarvan ons vertel word en dat die gebeure weereens die betroubaarheid van Skrif bewys.

Cherokee ·

Dit is ‘n interessante vraag wat geopper word wanneer mens wonder wat presies die moslems wil hê deur massamoorde te pleeg wêreldwyd, terwyl hulle hul eie lande het in die Ooste. Maar eintlik is die antwoord reeds verskaf meer as 2000 jaar gelede toe Johannes op die eiland Patmos geskryf het dat dit gaan gebeur. Dat die antichris gaan poog om die wêreld oor te neem. Gaan lees in die Boek hiervan en staan verwonderd oor hoe die Lig deurgeskyn het na die profete.

Celia Tjaden ·

Absoluut waar! Ons leef in die eindtye.Baie dankie vir jou kommentaar – Cherokee.

Cherokee ·

Dankie en dankie vir jou terugvoering, Celia. Gesels asseblief meer gereeld saam.

Tinktinkie ·

Cherokee en Celia…julle kommentaar oor d eindtyd laat my wonder. Met Hitler se mag en d 2de W/oorlig is daar geglo dis d eindtyd en so was daar baie voor hom. My ouma hulle was vas oortuig Elvis Presley is d Antichris!!??! Nou wonder ek of hierdie tyd waarin ons lewe die regte egte eindtyd is of nie??

Snoefels ·

Ja nee ek wonder dit ook, Obama was ook die antichris, en nou is dit Trump, ek persoonlik dink ons gaan vir ewig so aan gaan, die hele idee van eindtye is maar net geskep sodat ons nooit moet op hou glo nie en moet hoop op n beter toekoms

Ai ·

Die wat so spot oor eind tye… Julle laat julle mislei deur wat mense kwytraak. Ja, elke Amerikaanse president word deesdae die antichrist genoem. En ja, mense het gedink die Tweede Wereld oorlog was die ergste wat hulle nog gesien het en daarom gedink dis die einde. Dit wat op ons wag gaan baie erger wees as dit. Ons kan reeds sien dat alles sistematies erger word as wat dit ooit was. Van Natuurrampe, opstande tot oorloe. Als word meer en gebeur meer gereeld. Niemand weet wanneer die einde is nie, maar daar is baie duidelike tekens in die Bybel en wat vandag aangaan kan nie misgis word met enige iets van honderde jare gelede nie. Hou op spot en gaan lees vir julle self. Doen dan moeite om te gaan naslaan werk doen.

Petrus ·

Vir elke enkele ding in die lewe waarvoor mense nie n ordentlik beredeneerde antwoord kan gee nie, word gesaghebbend verklaar dat dit die antichris of satan se werk is. Dis die antwoorde van n persoon wat nie sy God-gegewe verstand kan of wil gebruik nie

Mickey ·

Toe Hitler, Obama ens hulle ding gedoen het was dit nie die hele wêreld wat daardeur geraak is nie. Isis is nou wêreldwyd besig om te versprei. Daar is nie meer ‘n eerste wéreld land wat nie geraak word nie en die meeste van die derde wêreld lande lê hulle net hulle tyd en afwag want hulle het dit al vir jare ingesypel. Ek glo dit is die begin van die einde – maar ons tyd is nie die Here se tyd nie.

Wessel ·

Die oplossing is, om alle persone wat bande met terroristiese organisasies het, die land te verbied.

jaco ·

waarom word allerhande verdagtes altyd gevang NA die terreurdaad? Hoe is hulle dan ge-“screen” toe hulle as vlugtelinge ens daar ingekom het? NET vir ‘n toeristevisum is ek intensief deur owerhede in daardie selfde lande ge-“scrutinise”. Hulle wou tot weet of ek eiendom in SA besit EN ek moes tot die titelakte vir hulle wys. Daar aangekom kon daar net sowel geen visum in my paspoort gewees het nie, want AL die vrae is weer op die lughawe gevra. So nou wonder ek maar net: hoe kom hierdie bomplanters so maklik in Europa in???

jean ·

Word of is daar ooit blomme geplaas vir die vrouens en kinders wat in massamoord en verkragtings gesterf het onder die Engelse in ons land?…….Erger as die terrorisme in hul land vandag.

jean ·

Jaco….hulle word verwelkom en omhels…. geen grense meer…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.