120 000 betoog teen Frankryk-gesondheidspermitte

Foto verskaf deur Monica Sarah Rossouw, ‘n Maroela-leser wat in Parys woon

Volgens amptelike syfers het meer as 120 000 mense Saterdag in Frankryk deelgeneem aan betogings teen koronavirus-gesondheidspermitte wat, volgens hulle, diskrimineer teen diegene wat nie ingeënt wil word nie.

Die gesondheidspermit, of ʼn onlangse negatiewe Covid-19-toets, word vereis om kafees, restaurante en talle ander openbare plekke te besoek.

Die ministerie van binnelandse sake het gesê 121 000 het in Frankryk betoog – waarvan sowat 19 000 in die hoofstad Parys. Die polisie het 85 mense in hegtenis geneem het ná botsings. Drie polisiebeamptes het geringe beserings opgedoen tydens die betogings.

Dit is die negende agtereenvolgende naweek van betogings, alhoewel die getalle dié keer laer was as vorige optogte, volgens die amptelike tellings. Beamptes het gesê sowat 140 000 het verlede naweek in Frankryk betoog en vroeg in Augustus het sowat 237 000 mense betoog.

Saterdag se betogings volg ʼn dag ná die voormalige minister van gesondheid in Frankryk, Agnes Buzyn, aangekla is oor haar hantering van die Covid-19-pandemie. Ondersoekbeamptes by ʼn spesiale hof in Parys het bepaal dat daar nie enige gronde is om haar te vervolg nie. Buzyn, ʼn voormalige dokter, is aangekla dat sy “die lewens van ander in gevaar stel”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Pieter ·

Paswette in Apartheid Suid Afrika was as ‘n misdaad teen die mensdom gesien. Wat het verander? Interessant dat die Covid entstowwe onder Art 21 bekragtig word. Eksperimentele entstof in ‘n ramptoestand. Langtermyn gevolge gaan later kop uitsteek.

MakersMark ·

Paswette diskrimineer teen mense agv ras. Wat het CV19 inentings met ras uit te waai?

MakersMark ·

Hulle kan maar aanhou protesteer dis hier om te bly. En reg so. Dit gaan oor publieke gesondheid NIE oor elkeen wat wil maak soos hul wil nie. En dis binnekort in SA ook.

Cherokee ·

MakersMark, wat julle pro-vaxers desperaat het, is die kommer… sê nou ons anti-vaxers is reg, julle kan nie die inentings terug gee nie.

Chef ·

Die Franse volkslied is tydloos, soos vry vertaal . ‘..the bloody banner of tyranny confronts us by being raised…. to arms citizens, march on!’

Chef ·

Deur ‘n volk se vryheid van keuse aan te val en te veroordeel is kenmerkend van ‘n ideologie wat alreeds verstrengel en vasgevang is in sentrale beheer.

MakersMark ·

Weereens niks met ‘n volk se vryheid uit te waai nie dis nie die franse rewolusie nie so laat staan die idiologiese retoriek. CV 19 is ‘n publieke gesondheidsprobleem daarom moet die outoriteite reels maak om die pandemie in te kort. So simpel soos dit.

Elize ·

Baie entstowwe is lankal goedgekeur. Dit behoort geen verskoning meer te wees nie en waar daar nog eksperimente plaasvind word mense daarvoor betaal. Wereldwyd is daar al 6.7 biljoen ingeent en hoeveel is dood? My en jou ma het nie so tekere gegaan toe hulle ons wou red van polio en masels nie. Hierdie is net nog ‘n bewys dat sosiale media propvol onkundiges is en dat stupid mense jou dood kan veroorsaak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.