121 nog vermis ná Florida-gebou ineenstort

Die Champlain Towers South-gebou in Surfside het op 24 Junie 2021 in die vroeë oggendure gedeeltelik ineengestort. (Foto: Chandan Khanna/AFP)

Werk om deur die puin te soek van ʼn woonstelblok wat in Florida ineengestort het, het Maandag hervat ure ná ʼn beheersde ontploffing die onstabiele oorskot van die gebou voor ʼn dreigende storm inmekaar laat sak het.

Die amptelike dodetal staan tans op 24, maar 121 persone word nog vermis. ʼn Soek-en-reddingsbeampte van Israel het gesê die kanse op oorlewendes is “byna nul”.

Maroela Media het vroeër berig die woonstelblok, die Champlain Towers South-gebou in Surfside, naby Miami Beach, het op 24 Junie 2021 inmekaar gestort.

Amerikaanse media het berig reddingsbeamptes is Maandag weer op die toneel. Owerhede het vroeër die reddingspoging opgeskort omdat die onstabiele struktuur ʼn bedreiging ingehou het vir reddingspanne – veral voor die verwagte tropiese storm Elsa, wat die gebied moontlik Dinsdag sal tref.

Kol. Golan Vach, hoof van ʼn elite Israeli soek-en-reddingspan wat betrokke is by die reddingspoging, het aan CNN gesê hy het aan familielede gesê alhoewel hy probeer om optimisties te bly, is die kanse om nou nog oorlewendes te vind, byna nul.

Pres. Joe Biden het die toneel verlede week besoek en met familielede en reddingswerkers vergader.

Kenners ondersoek die moontlikheid van kritieke foute in die gebou se struktuur wat tot die ineenstorting gelei het. Ander ou geboue in die gebied word nou ook ondersoek vir moontlike foute.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Tanniepetoors ·

Heng, die storie ontstel my elke keer van voor af. So tragies dat soveel mense nog vermis word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.