13 beseer in Texas-skietery

Skermgreep uit Twitter-video

Minstens 13 persone is beseer toe skote Saterdag in die vroeë oggendure in Austin, Texas, gevuur is. Owerhede is nog steeds op soek na ʼn verdagte.

Polisiebeamptes het gesê hulle het omstreeks 01:30 reageer op berigte van verskeie skote in Austin. “Dertien slagoffers het skietwonde opgedoen of is beseer en ʼn verdagte(s) is nog nie aangekeer nie,” lui ʼn verklaring van die stad se polisiedepartement.

“Ons beamptes het baie vinnig reageer,’ het Joseph Chacon, tussentydse polisiehoof van Austin, tydens ʼn perskonferensie gesê. “Hulle kon dadelik talle van dié pasiënte help met behandeling wat hul lewens gered het.”

Twee van die slagoffers is in ʼn kritieke toestand. Elf van die persone is stabiel.

Die polisie sê hulle het ʼn beskrywing van die verdagte, maar dit is nog nie duidelik of meer as een persoon betrokke was nie. Hulle het ook gesê dit wil voorkom of die skietery ʼn geïsoleerde voorval was. Die ondersoek duur egter voort.

Die skietery het plaasgevind in ‘n besige gebied met talle kroeë en restaurante.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

JohanR ·

Daar is Texas is jy soos ‘n perd met oogklappe. Jy se niks, en jy kyk net voor jou. Daar mag die burgers nou “open carry” en elke tweede ou of vrou het ‘n geweer aan die sy.

Anton ·

Jy was duidelik nog nooit daar nie. Austin is ook die mees liberale plek in Texas. Die geskietery was heelwaarskynlik in 6th Street area en glad niks uit te waai met die gemiddelde Texan nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.