13 ‘jihadi’s’ in Marokko vas

Argieffoto

Argieffoto

Die Marokkaanse owerheid het Dinsdag bekend gemaak dat ʼn groep ekstremiste, met ʼn verbintenis aan die IS (Islamitiese Staat), in hegtenis geneem is.

Die 13 vermoedelike jihadi’s het glo terreuraksies teen politieke figure en die sekerheidsmagte van Marokko beplan. Die groep IS-aanhangers was in verskeie stede aktief, veral in die omgewing van die groot toeriste-aantreklikhede in Marrakesj en Agadir. Die nuus word nie ligtelik opgeneem ná die aanvalle op toeriste in Tunisië waar verskeie mense gesterf het nie.

Die groep IS-aanhangers het blykbaar getrouheid aan die IS-leier Abu Bakr al-Baghdadi gesweer. Blykbaar het duisende IS-simpatiseerders reeds vanaf Marokko na Irak en Sirië gereis om hulle by die IS aan te sluit. In November 2014 het veskeie jihadgroepe in Noord-Afrika getrouheid aan die IS gesweer, maar geen jihadgroepe uit Tunisië of Marokko het iets soortgelyks gedoen nie. Dus is die toeristebedryf in Marokko bekommerd dat die IS-invloed ʼn negatiewe uitwerking op hul land sal hê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

jacques ·

Ja nee wat dink hulle is klaar in al die lande van die wereld, hulle wag net vir die regte teken wat aan hulle moet gegee word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.