130 brande woed in Spanje

Asturias Foto: Juan Menendez Granados, Facebook

Asturias Foto: Juan Menendez Granados, Facebook

Bykans 130 verskillende brande woed Sondag steeds in Asturias, in die noorde van Spanje.

Volgens nooddienste is die brande “bykans definitief doelbewus gestig”.

Die krisis het Saterdag omstreeks 14:00 plaaslike tyd (13:00 GMT) begin toe ongeveer 30 verskillende brande op dieselfde tyd in die streek ontstaan het en binne die volgende paar uur toegeneem het.

Die mees aktiewe deel van die brande is in El Franco, waar ʼn 10 km lang tong vuur plaaslike inwoners gedwing het om hul huise te ontruim.

Die A-8-snelweg, wat Asturias met die naburige Galicia verbind, en die nasionale pad, die N-634, is weens die rook vir byna vyf ure lank gesluit.

130 brande woed in Spanje

130 brande woed in Spanje

Die brande het vinnig versprei weens sterk winde met rukwinde van tot 100 km/h.

Lede van Spanje se nood militêre eenheid is ontbied om ook te help om die brand te bestry. Meer as 300 brandbestryders is in Asturias doenig.

Geen ongevalle is tot dusver aangemeld nie en min geboue is beskadig, aangesien die brande hoofsaaklik in afgeleë gebiede woed.

Spanje beleef tans die warmste Desember in 43 jaar met baie min reënval, selfs in die noorde van die land wat gewoonlik bekend staan vir sy hoë reënvalsyfer.

Tydens die tragedie is Mireia Lalaguna Royo van Barcelona in Spanje Saterdag aangewys as Mej. Wêreld 2015. Lees meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.