1,35 miljoen sterf jaarliks op paaie wêreldwyd

Argieffoto (Foto: xenostral/Pixabay)

ʼn Nuwe verslag deur die Wêreldgesondheidorganisasie (WGO) dui daarop dat padsterftes steeds bly styg en minstens 1,35 miljoen persone sterf jaarliks op paaie wêreldwyd.

Die WGO se wêreldwyestatusverslag oor padveiligheid vir 2018 dui daarop dat padongelukke die grootste faktor is in sterftes van persone tussen vyf en 29 jaar oud.

“Hierdie sterftes is ʼn onaanvaarbare prys om te betaal vir beweegbaarheid,” het dr. Tedros Adhanom Ghebreyesus, direkteur-generaal van die WGO, gesê. “Daar is geen verskoning om nie op te tree nie. Dit is ʼn probleem wat bestaande oplossings het. Hierdie verslag is ʼn versoek aan alle regerings en vennote om ʼn groter poging aan te wend om dié maatreëls in te stel.”

Ondanks ʼn toename in die getal sterftes, bly die sterftekoers relatief tot die wêreldbevolking en het die afgelope paar jaar gestabiliseer, aldus die verslag. Dit beteken dat pogings tot padveiligheid in middel- en hoëinkomstelande die situasie versag het.

“Padveiligheid is ʼn kwessie wat nêrens nagenoeg die aandag kry wat dit verdien nie, en dit is regtig een van ons groot geleenthede om wêreldwyd lewens te red,” het Michael R Bloomberg, stigter en uitvoerende hoof van Bloomberg Philanthropies en wêreldwye ambassadeur by die WGO vir oordraagbare siektes en beserings, gesê. “Ons weet watter ingrypings werk. Sterk beleide en wetstoepassing, slim padontwerp en bewusmakingsveldtogte kan miljoene lewens red oor die volgende paar dekades.”

Beter wetgewing wat betref spoedoortredings, dronkbestuur, versuim om veiligheidsgordels, motorfietsvalhelms en kinderstoeltjies te gebruik, is van die sleutelfaktore wat bygedra het tot vordering. Veilige infrastruktuur soos sypaadjies en toegewyde bane vir motorfietse en fietse, verbeterde voertuigstandaarde het ook ʼn impak gemaak.

Aldus die verslag het hierdie maatreëls tot ʼn vermindering in padsterftes gelei in die 48 middel- tot hoëinkomstelande. Nie een enkele land met ʼn lae inkomste het ʼn vermindering in padsterftes aangedui nie, grootliks omdat dié maatreëls nie toegepas is nie.

Padsterftes is drie keer hoër in lande met ʼn lae inkomste as lande met ʼn middel tot hoë inkomste. Die padsterftes is die hoogste in Afrika (26,6 per 100 000 bevolking) en die laagste in Europa (9,3 in 100 000 bevolking). Drie streke het ʼn afname in padsterftes aangemeld sedert die vorige uitgawe van die verslag, naamlik die Amerikas, Europa en die Wes-Stille-Oseaan.

Voetgangers en fietsryers verteenwoordig 26% van alle padsterftes met tot 44% in Afrika en 36% in die Oostelike Middellandse See. Motofietsryers en passasiers verteenwoordig 28% van alle padsterftes, maar die persentasie is hoër in sommige streke, bv. 43% in Suid-Oos-Asië en 36% in die Wes-Stille-Oseaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Biltong ·

En google gerus. Suid-Afrika is bo aan die lys in Afrika!!

Alida ·

90% bestuurders ry met vervalste of gekoopte rybewyse en ry die wat dit eerlik bekom het dood. Waaroor wonder hulle nog?

IK ·

Hier by óns in SA word daar meer tyd spandeer aan vuurwapens in die hande van wettige eienaars. Padveiligheid is eerder padvuiligheid. Ook ek het al insette gelewer wat op dowe ore val. In SA is jy gewikkeld in jou eie stryd om op die pad te oorleef.
Hierdie berig gaan net oor die sterftes maar gewoonlik is beserings heelwat meer. Daarom sou ek graag wou weet oor die ernstige beseerdes wat nie vir hulself kan sorg of uiters gestrem moeilik oor die weg kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.