14-jarige beweer hy is kind wat 8 jaar gelede verdwyn het

Die polisie in Aurora, Illinois het destyds dié foto van die vermiste Timmothy Pitzen versprei (Foto: Aurora Police Department via AP)

ʼn 14-jarige seun wat glo van twee ontvoerders in Cincinnati, Ohio in die VSA, kon ontsnap, het aan owerhede gesê hy is oorspronklik van Illinois, waar hy nagenoeg agt jaar gelede verdwyn het ná sy ma haar eie lewe geneem het.

Die polisie het gesê die seun het homself as Timmothy Pitzen geïdentifiseer en hy het, ná hy van sy ontvoerders gevlug het, net “aanhou bly hardloop”. Hy het uiteindelik ‘n brug oorgesteek tot in Kentucky.

Timmothy was ses jaar oud toe hy in 2011 verdwyn het ná sy ma haar eie lewe geneem in ʼn hotel in Rockford, Illinois. Die polisie glo Amy Fry-Pitzen (43) het haar seun die dag by die skool opgelaai en hom dieretuin toe gevat voor sy haar polse gesny het. Haar liggaam is op 15 Mei 2011 gevind. Sy het ʼn nota gelos om te sê “sy is oukei, maar hulle sal nooit haar seun vind nie”.

Die FBI het gesê hulle ondersoek duur voort in ʼn poging om te bevestig dat die seun wel Timmothy is.

Sy ouma, Alana Anderson, het gesê sy hou styf duimvas dat dit haar kleinseun is. “Daar was al so baie wenke en so baie mense wat beweer het hulle het hom gesien, dat mens nie meer paniekerig wil raak of te opgewonde wil raak voor enigiets bevestig is nie.” Sy voer aan haar dogter het probleme gehad met haar vierde huwelik en jare lank aan depressie gely.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

LD ·

Ja asb doen! Sal graag wil weet of die ouma se gebede beantwoord is.

Kobus ·

Volgens nuutste op NetNuus is dit nie die vermiste kind nie. Die seun is blykbaar n 23 jarige krimineel. Hulle doen nou ondersoeke om uit te vind wat sy motief is

Nugter ·

Ons verstaan, die ma van die kind is dood. Nou waar is die pa? Dalk weet die ouma.

Anna ·

Internasionale nuuskanale berig DNA toetse wys hy is 24 jarige man en nie familie van die vermisde kind. Die kind is nog steeds vermis.

Alida ·

False discovery[edit]

On April 3, 2019, local residents in Newport, Kentucky called the police to report a teenager wandering the streets after running across a bridge over the Ohio River. When police found the shaken and distraught boy, he told them he was Timmothy Pitzen.[8][9] The next day, the Louisville, Kentucky office of the FBI revealed via Twitter that the boy in their custody was not Pitzen. Aurora Police spokesman Sgt. Bill Rowley said, “Although we are disappointed that this turned out to be a hoax, we remain diligent in our search for Timmothy, as our missing person’s case remains unsolved.”[10] The man who claimed to be Pitzen was found to be 23-year-old Brian Michael Rini. He was released from Belmont Correctional Institution less than a month prior to his claim, after serving about 14 months on charges of burglary, a third-degree felony, and vandalism, a fifth-degree felony, out of Medina County. [11][12]

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.