14 polio-gevalle in die Filippyne aangemeld

Polio-entstof (Foto: European Pharmaceutical Review/EPR)

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) en die Verenigde Nasies se Kinderfonds (Unicef) het Woensdag gesê altesaam 14 gevalle van polio is in die Filippyne aangemeld.

“Die risiko vir verdere polio-oordrag word steeds as hoog beskou op ʼn nasionale vlak weens chroniese sub-optimale immunisering, swak sanitasie en higiëne,” lui die verslag wat deur die twee organisasies uitgereik is.

Nagenoeg 40 konsultante is deur die WGO en Unicef ontplooi om met gesondheidsbeamptes saam te werk en ʼn immuniseringsveldtog in Mindanao en Manila van stapel te stuur.

Onder die 14 gevalle is die jongste ʼn babaseuntjie wat nog nie ses maande oud is nie, een babaseuntjie wat nog nie ʼn jaar oud is nie, vier tweejariges, drie driejariges, drie vierjariges, ʼn vyfjarige seun en ʼn negejarige meisie.

Die Filippyne is 19 jaar gelede as poliovry verklaar, maar die regering het in September verlede jaar aangekondig dat ʼn driejarige meisie met die hoogs aansteeklike siekte gediagnoseer is. Die siekte word veroorsaak deur die poliovirus en kan tot verlamming lei.

Die departement van gesondheid het sedertdien ʼn inentingsveldtog van stapel gestuur wat kinders jonger as vyf jaar oud in Manila en Mindanao teiken. Nog immuniserings is geskeduleer tot April vanjaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

John ·

Rooi ligte flikker. Die regering wil nou met ons gesondheidsektor ‘n grootse na-aap-sprong waag. Brittanje ondervind groot probleme met hul nasionale gesondheidsorgplan oa tekorte aan personeel en fondse. Pasiènte wag vir weke vir noodsaaklike behandelings en dit in ‘n eerstewèreldland. Sou krisisse hier ontstaan sal die Eskom-manewales soos kinderkranspieknieks voel.

Sê net ·

Polio is een van die aansteeklike siektes wat ook al uitgewis kon gewees het as dit nie vir die “anti-vaxers” en hulle leuens is nie. Pokke en Runderpes is suksesvol wêreldwyd uitgewis.

Anneli ·

Die WGO en UNICEF het ‘n gesamentlike verklaring uigereik waarin hul bevestig dat die polio voorkoms in die Fillipynr deur die polio inenting veroorsaak word.
Die laaste polio geval in die Fillipyne van die oorspronklike polio virus was in 1993. Alle gevalle van toe af en ook nou word veroorsaak deur die “ vaccine strain” polio virus.
Hierdie virus in die OPV inenting versprei deur die ontlasting van die persone wat ge ent is. Dit gebeur vir weke na inenting.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.