14 skoliere sterf tydens stormloop in Kenia

Argieffoto

President Uhuru Kenyatta van Kenia het Dinsdag opdrag gegee dat ondersoek ingestel word ná 14 skoliere tydens ʼn stormloop gesterf het. Minstens 39 skoliere is tydens die voorval beseer.

Dickson Rayori, distrikswoordvoerder van die regering, het gesê die besonderhede van die ongeluk by Kakamega Primary School is nog nie duidelik nie.

Rayori het aan dpa-nuusagentskap gesê hulle vermoed die kinders, tussen 10 en 11 jaar oud, het Maandag aan die einde van die skooldag by die trappe van die drieverdiepinggebou afgehardloop. Volgens plaaslike media het die trappe meegegee onder die gewig.

Die president het sy meegevoel betuig aan die families van die kinders.

Agt skoliere is in September verlede jaar dood en 57 beseer toe ʼn klaskamer by ʼn laerskool in Nairobi ineengestort het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

TRP ·

Hoe kan dit ‘n stormloop wees as die vermoede bestaan dat die trappe meegegee het? Of verstaan ek stormloop verkeerd?

Hoe dit nou ookal sy, dit is bitter tragies.

Antjiepat ·

Ai dit is bitter tragies, ek wens so die regering van hierdie lande en ook ons eie regering wil verantwoordelikheid vat en kundiges, met die klem op kundiges, aanstel om al hierdie skole en ons eie te ondersoek. Sowel as ingeneurs om die geboue veilig te sertifiseer… dis bly na alles net kinders…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.