141 liggame gevind ná Indonesië-vliegtuigongeluk

Die Hercules C130 het op 30 Junie in Medan, Indonesië neergestort Foto: kolotv.com

Die Hercules C130 het op 30 Junie in Medan, Indonesië neergestort Foto: kolotv.com

ʼn Polisiebeampte van Indonesië het bevestig 141 liggame is reeds gevind ná ʼn weermagvliegtuig in Medan neergestort het.

Reddingspanne deursoek nog steeds die puin in die stedelike woonbuurt waar die Hercules C130-vliegtuig Dinsdag neergestort het, maar verwag nie om enige oorlewendes te vind nie.

Maj. A Tarigan, woordvoerder van die polisie in Noord-Sumatra, het aan TVOne gesê 141 liggame is gevind. Agus Supriatna, hoof van die lugmag, het vroeër gesê daar was 122 mense op die vliegtuig.

Lees alles oor die Indonesië C130-ongeluk op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.