15-jarige sterf in Superbike-ongeluk

Dean Berta Vinales. (Foto: @MotoGP/Twitter)

Die Spaanse motorfietsryer Dean Berta Vinales is Saterdag dood tydens ʼn wedren op die Jerez-baan in Spanje, het Superbike-organiseerders aangekondig.

Die 15-jarige Vinales, ʼn neef van die MotoGP-ryer Maverick Vinales, was in ʼn ongeluk betrokke tydens ʼn resies van die FIM Supersport 300-wêreldkampioenskap.

Vinales het kop- en borsbeserings opgedoen. Volgens die organiseerders het die nooddienste Vinales op die baan begin behandel voor hy in ʼn ambulans gelaai en na die mediese sentrum op die perseel geneem is. Vinales het kort daarna aan sy beserings beswyk.

Dit was Vinales se eerste seisoen in die betrokke klas en hy het vir die Vinales Racing Team, wat deur Maverick se pa, Angel Vinales, bestuur word, gery.

ʼn 14-jarige Spaanse motorfietsryer, Hugo Milan, is in Julie dood tydens ʼn European Talent Cup-resies by die Motorland Aragon-baan in Spanje.

In Mei vanjaar is die Moto3-jaer Jason Dupasquier dood. Die 19-jarige Switserse ryer het noodlottige beserings opgedoen in ʼn ongeluk tydens die kwalifiserende rondes vir die Moto3-wêreldkampioenskap by die Italiaanse Grand Prix in Mugello.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Pampoen ·

Baie jammer dat so n jong, begaafde en mooi seun moes sterf. Oor sy vermoë om motorfiets te ry het ek geen twyfel nie, maar ek wonder of so n jong persoon oor die wysheid beskik om dinge nie te vêr te druk nie.

Boon ·

geen ryers jonger as 18 nie.hulle is dan nog te onervare en onopgelei.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.