15 sterf in vliegtuigongeluk in Rusland

Die wrak van die L-410-vliegtuig wat naby Menzelinsk in Tatarstan neergestort het (Foto: Russian Emergency Ministry/AFP)

Vyftien mense is Sondag dood toe ʼn L-410-vliegtuig met valskermspringers aan boord in Rusland se sentrale republiek van Tatarstan neergestort het.

“Sewe persone is gered. Vyftien mense het nie enige teken van lewe getoon nie,” het die ministerie van nooddienste aan die RIA Nowosti-nuusagentskap gesê.

Die ongeluk het net voor 09:30 plaaslike tyd (0623 GMT) plaasgevind tydens die vlug oor Tatarstan. Foto’s wys die vliegtuig het in twee geskeur.

Die plaaslike ministerie van gesondheid het gesê die sewe oorlewendes is in ʼn hospitaal opgeneem. “Een is in ʼn ernstige toestand,” het RIA Nowosti berig.

Volgens die Interfax-nuusagentskap behoort die vliegtuig aan die vrywilligersvereniging vir bystand aan die weermag, lugmag en vloot van Rusland. Dit word as ʼn sport- en verdedigingsorganisasie beskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Hennie ·

Eerste raaiskoot sal ‘n tekort aan brandstof wees, anders het hy gebrand!

Henk ·

Dink nie ek sal ooit in ‘n Russiese vliegtuig wil vlieg nie, dink hulle Maintenace manne drink te veel vodka

JohanR ·

Ons kan maar net hoop en vertrou dat SAL se vliegtuie word nie daar in Benoni by Oom Thys in sy agterjard ge service nie!

Glenn ·

Die probleem is daai vliegtuig kan net 19 mense hanteer. 15 oorlede en 7 in die hospitaal. 15+7=22 saam met al die toerusting ens…. RIV almal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.