150 sterf in 400 skietvoorvalle in VSA

(Argieffoto: Max Kleinen)

Terwyl die meeste Amerikaners die afgelope naweek die land se Onafhanklikheidsviering met optogte, braaie en vuurwerk gevier het, is minstens 150 mense dié naweek in meer as 400 voorvalle van vuurwapengeweld dood.

CNN berig data van die Gun Violence Archive dui op ʼn beduidende toename in geweldsmisdaad in die land. Die data sluit die getal skietvoorvalle en slagoffers van vuurwapengeweld landwyd in ʼn 72 uur tydperk – van Vrydag tot Sondag – in en word nog bygewerk.

Luidens die berig was daar in New York 26 slagoffers in 21 skietvoorvalle, ʼn afname van dieselfde tyd verlede jaar toe 30 mense in 25 skietvoorvalle betrokke was. Vuurwapengeweldmisdaad in dié stad styg egter in hierdie stadium tot vlakke wat jare laas ondervind is.

Op 4 Julie het die stad 12 skietvoorvalle waarby 13 slagoffers betrokke was aangeteken, ʼn styging van verlede jaar se agt skieterye en agt slagoffers.

CNN berig voorts vuurwapengeweld in New York het met byna 40% toegeneem in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar.

In die geweldgeteisterde Chicago is 88 mense geskiet. Altesame 14 van hulle is dood. Die stad is die VSA se derde grootste stad en is op pad om verlede jaar se 774 moorde – die stad se tweede dodelikste jaar die afgelope twee dekades – verby te steek. Vakansienaweke sorg gewoonlik vir heelwat sterftes in Chicago.

Verlede jaar is 87 mense in Chicago geskiet, 17 van hulle dood, oor ʼn vier dae lange tydperk wat 4 Julie ingesluit het.

Onder die honderde mense wat die afgelope naweek gewond is, is vyf kinders. Twee polisiebeamptes in Chicago is ook gewond terwyl hulle ʼn skare van duisende mense in die stad se West Side uiteen probeer jaag het. Meer as 60 mense is in hegtenis geneem.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Madelein

Dit is wat gebeur as jy wapenbesit moeilik maak vir wetsgehoorsame mense, en as die polisie geen mag het om misdaad te bekamp nie, en as liberale stede in die grond indryf.

Sokrates

Om enige verskynsel soos bv “toename in vuurwapengeweld” ordentlik te verstaan, moet die statistieke rakende misdadigers en slagoffers verder verfyn word in terme van demografiese gegewens soos ras, geslag, bevolkingsgroep, woonplek, gesinsopset, opvoeding, vorige veroordelings, ens, ens. Eers dan kan die prentjie in sy volle waarheid uit die verf kom. En kan mens begin redeneer. Baie dinge word egter in “navorsing” doelbewus agtergelaat of verdoesel vir allerlei politieke en ideologiese redes. Nie een van daardie redes dien gewoonlik die waarheid nie. Dit dien die ideologie of die heersende narratief. Verswyging of halwe waarhede is egter niks anders as vorms van… Lees meer »

Elinette

Ons SAPD, veral daarnaby Daai Kraal … Nkaaandlaaa … moet by die VSA se polisiemag gaan leer hoe om skare-beheer toe te pas. Met simpatie gesê aan die 2 polisiebeamptes wat gewond is toe hulle ‘n skare van 1000’e uitmekaar gejaag het – “A job well done”. 1000’e mense uitmekaar gejaag, sonder dat die polisie swak verskonings soos dat hulle ‘n bloedbad wou voorkom agterna aanvoer as rede vir hul “incompetency”.