16-jarige sterf ná kafeïendrankies

Foto: Healthline

ʼn 16-jarige tiener van die Amerikaanse deelstaat Suid-Carolina is Maandag oorlede nadat hy glo drie drankies met ʼn hoë kafeïeninhoud kort ná mekaar gedrink het.

BBC berig Davis Allen Cripe het Maandag by sy hoërskool inmekaargesak nadat hy ʼn McDonalds-latte, Mountain Dew-gaskoeldrank en ʼn energiedrankie in die bestek van twee ure gedrink het.

Gary Watts, die lykskouer, sê dié tiener, wat ongeveer 90 kg geweeg het, is nié dood as gevolg van ʼn kafeïenoordosis nie, maar eerder as gevolg van die kafeïen wat sy hartritme aangetas en tot ʼn hartaanval gelei het.

“Kafeïen sou nie ʼn faktor gespeel het as omstanders nie in hul verklarings genoem het dat hy soveel van dié energiedrankies ná mekaar gedrink het nie,” sê Watts. “Kafeïen is dus nie die oorsaak nie, en ons praat dit ook nie sleg nie – dit is egter die kort bestek waarin hy dit gedrink het wat sy dood veroorsaak het.”

Wetenskaplikes van die Mayo-kliniek in Amerika het vroeër vanjaar gesê dit is veilig vir volwassenes om daagliks tot en met 400 mg kafeïen in te neem.

ʼn Ondersoek oor dié bevindinge deur die Europese liggaam vir voedselveiligheid het daarna gesê meer as 400 mg kafeïen per dag kan tot verhoogde hartkloppings, hoë bloeddruk, onreëlmatige hartkloppings, bewing, senuweeagtigheid, slapeloosheid en paniekaanvalle lei.

Volgens ʼn ondersoek van die BBC bevat dié drie drankies wat Cripe gedrink het sowat 470 mg kafeïen.

Die McDonalds-latte bevat onder meer 142 mg, die Mountain Dew-drankie (570 ml) sowat 90 mg en die energiedrankie (450 ml) sowat 240 mg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

t ·

Hierdie energiedrankies is ‘n nuwe verslawing waarvan ons nognie die uiteinde kan indink nie. Sien gereeld hoe jong mense 6 uur in die oggend die eerste Dragons afsluk. Daardie persoon is nie veel werd vir ‘n werknemer as hy met energiedrankies moet wakkerbly om te kan werk nie. Kafeïen hou jou wakker, maar nie skerp nie. Iemand sal ‘n studie moet begin doen oor die langtermyn effekte van die Rooi Bulle en die Drake wat so maklik gedrink word.

Jaco ·

As jou energie drankie jou net wakker hou maar nie skerp nie, drink jy die verkeerde energie drankie…

M ·

Dit is nogals scary as Gr 8 leerlinge in die oggend voor skool kafee toe stap vir ‘n energiedrankie, maar hulle leer by hul ouers.

jaco ·

selfs sonder energiedrankies om wakker te bly by die werk, is jou werk in SA anyway verseker as jy die “regte” velkleur het.

Susan ·

Jammer om van die incident te lees.
Ek het reeds vandat die energiedrankies op die rakke verskyn het, ‘n hekel daarin. Mense gebruik dit om ‘beter’ te presteer of om ‘wakker’ te word. Ek verpes dit die meeste dat hierdie drankies aan skoolkinders gegee word gedurende sport byeenkomste. Eerder moet mense afgerig word om fikser te word en langer aktief te kan wees as om na die alternatief van ‘n “booster” te gryp. Kinder EN grootmense ervaar die high van die drankies en dink dan dis die beste ding ooit. Dis verslawend!!

Jaco ·

Ginseng is used to improve thinking, concentration, memory and physical endurance. It’s also used to help with depression, anxiety and as a chronic fatigue natural cure. It’s known to boost the immune system, fight infections

Valerie ·

Ginseng is a herb grown in North America, Korea, and China, of course (where every cure in the world comes from, but nothing works). Beware of Ginseng; it’s a media and advertising gimmick and does nothing good to your health. It reminds me of those ridiculous detoxing feet pads people bought in their millions to “cleanse” their bodies, not realizing that’s why we have livers/kidneys. But because it was on TV, it was believed to be true. So, please, beware of ginseng. It’s a gimmick and making someone lots of money.

Please go to http://www.quackwatch.org and then type in “ginseng” in the search box.

Jare gelede was daar ‘n ding op die mark in SA wat hulle “Regmakers” genoem het om iemand wakker te hou as jy wil studeer. Pure kafeïen. Ek het dit een maal probeer en my hart het sulke palpitasies gekry, en ek het so gebewe dat ek vir twee dae nie kon slaap en ook nie eers kon studeer nie.

Cherokee ·

…en Valerie, ‘Regmakers’ het nooit enige noemenswaardige effek op my gehad nie.

Liza22 ·

Ons het wetgewing nodig dat energie drankies nie by skole verkoop mag word nie! Ek het my eie kind uitgetrap oor sy dit drink en waar kry sy dit? By die SNOEPIE!!!Kinders moet ook ingelig word oor die nagevolge daarvan en dat dit soos alles in matigheid gebruik moet word. Dit is ‘n euwel!

Paul ·

Hoekom het jy dan wetgewing nodig daaroor, Liza? Jy kan mos jou eie kind beheer.

Verder, as jy ‘n ouer van die skool is, kan jy die saak by die beheerliggaam opneem. Jy kan met ander ouers praat en hulle inlig en oortuig.

Maar nee, jy soek wetgewing…

Ek stem saam ·

Hoe lekker lag ek nou vir jou kommentaar Gert? ek stem saam dat energie drankies baie nadelig en verslawend is veral onder die jong kinders. My dogter het in die hospitaal op geland agv rooi bulle dit het haar niere afekteer en ekt haar belet om enige energie drankie te neem! Die goed wat hulle als in energie drankies sit is grillerig! Jig!!,maar almal van ons is seker maar geregtig op ons eie smaak en keuses van wat ons drink en eet. Eks beslis een van die ouers wat teen energie drankies is.

Riaan ·

“Play” het my hart ritme so aangejaag dat ek n ligte hart stilstand beleef het en my pols was na die tyd baie hoog.

ice ·

Daar is 2 verskillende ginsengs, Siberian wat niks beteken en dan Panax Ginseng van die ooste af wat actully iets werd is. Ek het Valerie se website loop lees – Garlic – rêreig???
Die Amerikaanse dieet (hul kastige piramide) is ook heeltemal omgredraai – as jy hom 180 grade draai dan is hulle aanbevelings reg – gaan alles oor geld.
Vir energie drankies gee jou kinders 32GI – dis kinder en diabeet vriendelik en is slow release en hou vir 2 ure en langer. Dit het geen spike in bloedsuiker nie – daarvandan die naam 32GI – enigiets onder 52GI word beskou as Low GI.

apie ·

Hierdie goed veroorsaak net verhoogde aandagafleibaarheid. Die kinders is op Rritalin od concerta of iets soortgelyk en dan drink hulle hierdie opkikkerdrankies…..jy kan net jou hande saamslaan. Selfs koffie moet versigtig gebruik word, ek sou dit nie vir kinders aanbeveel nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.