16 sterf toe warmlugballon val

Argieffoto ter illustrasie (Foto: luis-e, Pixabay)

Argieffoto ter illustrasie (Foto: luis-e, Pixabay)

ʼn Warmlugballon met 16 mense het Saterdag in sentraal Texas, VSA, neergestort en daar is waarskynlik geen oorlewendes nie.

Lynn Lunsford, ʼn woordvoerder vir die Federale Lugvaartadministrasie (FAA) het in ʼn verklaring gesê die warmlugballon het omstreeks 07:40 plaaslike tyd begin brand. Die ballon het daarna in ʼn veld naby Lockhart, ongeveer 50 km suid van Austin, neergestort.

“Dit wil nie voorkom of daar enige oorlewendes is nie,” het sheriff Daniel Law van Caldwell County in ʼn verklaring gesê.

Lunsford het bevestig ondersoekbeamptes is op pad na die toneel. Sy kon ook nie die toestand van die passasiers bevestig nie.

Die polisie en brandweer in Lockhart het nog nie inligting bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Lance ·

Ok 16 sterf in die ballon wat vreeslik is ….en gemiddeld 37 mense word in SA per dag VERMOOR !

SNEL ·

Hoekom word so berig nie geplaas as daar darem meer inligting is nie, is 16 nou regtig dood, was daar kinders onder hulle?
Altyd lekker om nuus van oor die wêreld te kry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.