16 vas ná Kardashian-rooftog

Kim Kardashian (Foto: ANA)

Kim Kardashian (Foto: ANA)

Altesaam 16 mense is Maandag in hegtenis geneem in verband met die rooftog waarin die Amerikaanse televisiepersoonlikheid Kim Kardashian West in Oktober verlede jaar in haar hotelkamer in Parys, Frankryk, aangehou en beroof is van meer as $10 miljoen (bykans R138 miljoen) se juweliersware.

Kardashian het in Oktober verlede jaar die Franse hoofstad vir die Parys-modeweek besoek toe die voorval plaasgevind het.

Haar driejarige dogter, North, en tien maande oue seun, Saint, was nie saam met haar in die hotelkamer nie.

Haar man, die sanger Kanye West, het sy konsert by die Meadows Music and Arts Festival in New York onmiddellik stopgesit ná die nuus aan hom bekendgemaak is en hom na sy vrou gehaas.

Kardashian het haar intussen bykans heeltemal van sosiale media onttrek terwyl ʼn polisie-ondersoek voortgesit word.

Die Franse polisie het Maandag gesê 16 mense is omstreeks 06:00 (internasionale tyd) in hegtenis geneem. Die verdagtes was in drie afsonderlike gebiede.

Volgens Franse media kon die polisie daarin slaag om verdagtes vas te trek danksy DNS wat op die toneel gevind is.

Die verdagtes sal vir 96 uur in aanhouding wees voor die polisie hulle aankla of moet vrylaat.

Kardashian het vroeër vandeesmaand vir die eerste keer in die gesin se werklikheidsreeks, Keeping up with the Kardashians, haar stilte oor die rooftog verbreek.

“Ek het gedink ek gaan doodgaan. Ek het gedink hulle gaan my skiet en daar is geen manier om hier uit te kom nie,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Liza ·

Vra ek ook Ernes S……….. is soos Therese B se ……welcome to our world poppie celeb…..

Alida ·

Ons het genoeg soortgelyke stories in SA !!!! Stel rerig nie belang in hulle nie.

CAV ·

Hoekom dink sy, sy is so belangrik. En hoekom maak sy asof die rooftog so dramaties was . Dit was niks in vergelyking waardeur mense in SA deurgaan nie. Aandag soeker dalk – die dametjie sal dit nie n dag hier in SA hou nie

m ·

So belaglik. Hierdie mense het Te verlof geld en soek orals aandag

André ·

Ek verstaan nie hoekom mense sulke duur juwele dra nie. Dis mos ‘n uitnodiging!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.