160 000 geraak deur vloede in Suid-Amerika

Oorstroomde woonbuurt in Asuncion, Paraguay Foto: Norberto Duarte/AFP/Getty Images

Oorstroomde woonbuurt in Asuncion, Paraguay Foto: Norberto Duarte/AFP/Getty Images

Meer as 160 000 mense moes hul huise ontruim weens erge vloede in Suid-Amerika.

Ses persone is ook dood tydens die swaar reën en beamptes het sommige inwoners in Paraguay, Argentinië, Brasilië en Uruguay ontruim.

Die reën word veroorsaak deur die El Niño-weerpatroon wat hoofsaaklik Paraguay geraak het, waar ongeveer 130 000 persone na skuilings geskuif is. Pres. Horacio Cartes het ʼn noodtoestand afgekondig.

Dilma Rousseff, president van Brasilië, het Saterdag noodverligting ter waarde van $1,8 miljoen (ongeveer R27,4 miljoen) aangekondig vir vloedgeteisterde gemeenskappe in die suide van sy land. Hy het oor Rio Grande do Sul, op die grens tussen Argentinië en Uruguay gevlieg, waar ongeveer 8 000 persone deur die vloedwater geraak is.

Nagenoeg 20 000 persone is in Argentinië ontruim. Die Argentynse ministerie van verdediging het gesê die weermag help om kospakkies na geïsoleerde gemeenskappe te neem. Pres. Mauricio Macri, wat vroeër vandeesmaand in sy amp aangestel is, het Saterdag ook die plekke besoek wat die ergste geraak is.

Vyf persone is weens vloedverwante voorvalle op verskillende plekke dood, insluitend vier persone in Paraguay en ʼn jong seun in Argentinië wat doodgeskok het.

Die Paraguay-rivier, wat deur Argentinië, Paraguay, Bolivia en Brasilië vloei, het op 24 Desember met 7.71 meter gestyg, het Victor Peralta, direkteur van nood- en rampbestuur in Asuncion, gesê, aldus Telam-nuusagentskap in Argentinië. Hy sluit nie die moontlikheid uit dat die watervlak selfs nog meer kan styg en nog meer persone ontruim moet word nie, het Telam berig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.