17 bruilofsgaste sterf toe boot sink

Bali, Indonesië

Bali, Indonesië

Minstens 17 mense is dood en 24 word vermis nadat ʼn boot met bruilofsgaste in Bali, Indonesië, gesink het.

“Agt mense is Dinsdag ná die ongeluk gered,” het Sutopo Nugroho, woordvoerder vir die nasionale rampbestuuragentskap, Woensdag gesê. Die boot was glo van Raas-eiland na Bali onderweg toe sy enjin onklaar geraak het.

Volgens plaaslike media was die bruidegom ook aan boord, maar dit is nie duidelik of hy die ongeluk oorleef het nie.

Die soektog hervat Donderdag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.