17 dood toe ashoop ineenstort

rommelstatus-pexels

Argieffoto: Pexels/Pixabay.com

Minstens 17 mense, onder wie kinders, is Maandagoggend dood toe ʼn ashoop op hul plakkershutte ineengestort het.

Swaar reën in Maputo in Mosambiek het tot gevolg gehad dat die ashoop volgens owerhede op minstens vyf plakkershutte inmekaargesak het.

Leonildo Pelembe, woordvoerder vir die brandweer, het gesê die huise is op ʼn laagliggende gebied aan die agterkant van die ashoop gebou. “Daarom het die ashoop juis op daardie huise geval.”

Brandweermanne sif deur hope rommel om te bepaal of daar nog mense daaronder begrawe lê.

Honderde inwoners van Maputo voer ʼn bestaan deur na metaal, karton en ander rommel op dié ashoop te soek en dit te herwin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Cherokee ·

Ashoop sê julle? Met metaal, karton en ander rommel daarin? Ons praat so dikwels steeds van die askan terwyl die huis dalk nie eens ‘n stoof het nie. Miskien sou rommelhoop meer beskrywend wees.

Veritas ·

Cherokee, ‘askan’ en ‘asblik’ is woorde wat beskrywend was van die houer waarin die koolstoof se as weggegooi was. Ek sien geen rede om die naam te verander net omdat niemand, behalwe die gelukkiges, meer koolstowe het nie. Ons praat immers vandag nog van ‘n kar al gebruik ons nie meer perdekarre nie. Die woord ‘motor’ is dalk die korrekte benaming vir vandag se voertuie maar ‘kar’ is tog maar die woord wat nog gebruik word. Daar is heelwat sulke woorde in Afrikaans. Ek dink bv aan woorde soos ‘perdekrag’ , ‘skaal’ ipv massameter, ‘rusbank’ ipv sofa, ‘bakkie’ ipv ligte afleweringswa ens. Vir my is daar sekere naamwoorde wat net beter, in die volksmond, pas by dít wat beskryf moet word.

Cherokee ·

Veritas, jou redenasie mag water hou as ek van my pistool en rewolwer kan praat as my kettie en van my vliegtuig as my kite. Inderwaarheid doen ons dit en daarbenewens stem ek met jou saam wanneer jy sê dat daar woorde is wat beter in die volksmond pas as ander, Ons is ook geneig om die korter weergawe van ‘n woord te kies. En dit is seker maar makliker om te praat van ‘n lighter as van ‘n Vingergeaktiveerdegasaangedrewetabakrolletjieontbrandingstoestelletjie.
Dit is immers wat die debat oor die taal so interessant maak. Maar ‘n Kommissiekabouter klink beter as sales-rep. Weet jy wat is ‘n G-string in Afrikaans? ‘n Tergtoutjie:-)

Demo ·

Wonderlike demokratiese land met ‘n demokratiese regering waar mense kon stem vir die regering van hulle keuse, waar witmense verjaag en vermoor is en nou moet mense op ashope kos soek. WIE SE SKULD IS DIT??

Elize C ·

Dalk moet die aangewese departemente gaan kyk hoe lyk dit op die munisipale stortings-terrein langs die Bakwena snelweg, tussen Pretoria Noord en Rosslyn. Dit is reg teen die snelweg, en die stank is onuithoudbaar as jy daar verby ry, die terrein word beslis nie volgens regulasies bedryf nie. Verder is daar sink-gehuggies bo-op die rand van die gemors gebou. Ek sidder as ek dink aan watse onhigiëniese toestande daardie mense hulself blootstel. Hoekom hulle juis daar bly, is ‘n ope vraag. Krap hulle vir oorskiet-kos? Metale en ander items wat dalk verkoop kan word? Daar is ook besig om ‘n massa voël-broeiery te ontaard, wat verder bydra tot die onhigiëniese toestande agv al die uitskeidings. Ek weet nie watse voëls dit is nie, maar hulle is redelik groot, en karkasse het al oral oor die snelweg gelê, waar hulle raakgery is in vlug. Ek vermoed die mense wat daar bly, vang hulle ook in wippe vir kos.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.