$17 miljoen vir Hitler-beeldjie

Die Hitler-beeldjie wat op 8 Mei 2016 deur Christie's verkoop is vir $17,2 miljoen Foto: Christie's/Marian Goodman Gallery/kopiereg Maurizio Cattelan via AP)

Die Hitler-beeldjie wat op 8 Mei 2016 deur Christie’s verkoop is vir $17,2 miljoen Foto: Christie’s/Marian Goodman Gallery/kopiereg Maurizio Cattelan via AP)

ʼn Beeld van ʼn knielende Hitler deur die Italiaanse kunstenaar Maurizio Cattelan is teen $17,2 miljoen (byna R263 miljoen) by ʼn veiling in Amerika verkoop.

Cattelan se omstrede beeld van die Nazi-leier, getiteld “Him”, lyk soos ʼn klein kindjie wat kniel om te bid wanneer mens dit van agter beskou. Van voor sien mens Hitler se gesig.

Dié kunswerk was ʼn rekordbedrag vir Cattelan. Die vorige rekordbedrag vir ʼn kunswerk deur Cattelan was $7,9 miljoen.

Die afslaers, Christie’s, se “Bound to Fail”-veiling is Sondag in New York gehou. Dit is die begin van ʼn weeklange veiling van 20ste eeuse kuns wat by Christie’s en Sotheby’s beskikbaar is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Agie ·

Nou moet hulle Lenin, Pol Pot, Stalin ens. ook op hul knieë uitbeeld.

SNEL ·

Belaglik verby, kan nie dink dat iemand daai geld uithaal en van alles….vir n Hitler beeldjie in n posisie wat jy Hitler nooit eers sou gesien het nie, d.w.s. dit stel nie eers die werklikheid voor nie. Hitler het neergekyk op almal, hy sou voor niks en niemand kniel nie, nou dink iemand wat se geld hom pla dis n “must have” beeldjie waaroor al sy vriende gaan “oe” en “a”. Ek dink ek gaan sommer nou n Stalin beeldjie maak, miskien slaan ek ook n rekord prys vir hom los.

SNEL ·

Ja, en as Hitler kniel, sal my Stalin seker op sy maag moet lê om aandag te trek.

carol every ·

Met een word ; belaglik! Miljoene mense ly honger en iemand spandeer die belaglike bedrag op so-iets!! Lagwekkend!

gerhard ·

Dit moet iemand wees wat Hitler baie lefhet. Mis ons dalk iets?

Voorlaaier ·

Ek betaal hulle i volle miljoen om die beeldjie te hou!…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.