17 vermis dae na vragskip sink

(Argieffoto: Pixabay.com)

Owerhede in Indonesië het soek-en-reddingspanne ontplooi om te soek na 17 mense wat vermis geraak het nadat ʼn vragskip in die see by die Banggai Laut-eiland in die Sentraal-Sulawesi‑provinsie gesink het.

Die KM Lintas Timur het 18 mense aan boord gehad toe dit Saterdagmiddag gesink het, het Yan Prastomo Ardi, ʼn woordvoerder vir die plaaslike departement van vervoer, in ʼn verklaring gesê. Een oorlewende is Dinsdag gevind waar hy in die water naby Bangkep gedryf het. Hy is deur ʼn verbygaande boot gered en ontvang tans mediese behandeling.

Massiewe golwe het die 1 720 ton-skip, wat 3 000 sakke sement vervoer het, laat omslaan. Die skip was op pad vanaf die Bitung-hawe in Noord‑Sulawesi na Morowali in Sentraal‑Sulawesi toe die voorval gebeur het.

See-ongelukke gebeur gereeld in Indonesië waar die seegebied groter is as die land se grondgebied, maar bewusmaking oor vervoerveiligheidstandaarde laag is. Verlede jaar is ongeveer 160 mense dood toe ʼn Indonesiese veerboot in een van die wêreld se diepste mere op Sumatra-eiland gesink het.

Meer as 300 mense het in 2009 verdrink toe ʼn veerboot tussen Sulawesi en Borneo gesink het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

T ·

Dalk is daar ‘n groter plan en doel met die 1 enkele outjie wat oorleef het!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.