170 beseer in Jerusalem oor Paasfees

Die Al-Aqsa moskee in Jerusalem se Ou Stad. (Foto: AHMAD GHARABLI / AFP)

Meer as 20 Israeli’s en Palestyne is Sondag in gewelddadige konfrontasies in en om die Al-Aqsa-moskee in Jerusalem gewond toe geweld by dié plek van aanbidding in die Palestyns-beheerde Wesbank uitgebreek het. Dit bring die getal gewondes sedert Vrydag op 170 te staan. Spanning loop gewoonlik hoog hier oor Paasfees, aangesien die Joodse Pasga en die Moslemfees Ramadaan oor dieselfde naweek gevier word.

Geweld het Sondag uitgebreek toe honderde Palestynse betogers begin het om klippe binne die moskee se grondgebied op die Heilige Berg bymekaar te maak, in afwagting van Joodse besoekers, sê die polisie. Hulle was na bewering kwaad omdat die Jode hier wou kom bid.

Die Tempelberg, geleë in Jerusalem se Ou Stad, word beskou as die heiligste plek in die Joodse geloof en die derde heiligste in Islam. Die Jode glo dit is hier waar die eerste en tweede Joodse tempels van God opgerig is. Die moskee staan volgens oorlewering op die einste plek waar die tempels gestaan het voordat dit deur vyandige nasies afgebreek is. Israeli’s word toegelaat om dié gebied te besoek, maar nie hier te bid nie.

Volgens die Israelse polisie het hulle ingegryp toe Israelse burgers met klippe bestook is en 18 Palestyne is in hegtenis geneem. Lede van AFP het Sondagoggend gesien hoe kaalvoet-Israeli’s onder polisiebewaking uit die geloofsgebied vergesel is.

ʼn Video van die voorval wys glo hoe twee Israelse busse met gebreekte vensters met ʼn pad naby die Ou Stad langs ry, terwyl jong Palestynse burgers die bus met klippe bestook. Minstens sewe mense moes behandel word vir matige beserings.

Volgens die Palestynse Red Crescent is minstens 18 Palestyne beseer, van wie vyf in die hospitaal opgeneem is, nadat die polisie met rubberkoeëls op die betogers losgebrand het.

Islamleiers van Palestina het die toetrede van Israeli’s tot die gebied as ʼn “blatante aanval op heilige plekke” beskryf.

Hernude geweld in Israel en aan die Wesbank het boonop sedert Maart vanjaar 36 mense gedood. In een só ʼn aanval twee weke gelede is drie Israelse burgers in Tel Aviv dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
annie

Vir wat gaan dieJode so tekere oor die plek waar die tempel gestaan het? Dit was vir eeue ‘n stortingsterrein nadat die tempel vernietig is en in Christus se tyd op aarde ‘n soort van winkelsentrum. Maar noudat die Palestyne dit gebruik, is hulle jaloers. Hou moed. Zelensky bou ‘n nuwe Israel en sal sekerlik vir homself ‘n Jerusalem oprig met troonkamer vir sy majesteit, koning Zolly.