170 mense as gyselaars aangehou in Mali-hotel

radisson-blu-mali

Die Radisson Blu-hotel in Bamako.

Die maatskappy wat die Radisson Blu-hotel in Bamako, die hoofstad van Mali bestuur, het gesê meer as 170 mense word daar as gyselaars aangehou.

Die Rezidor Hotel-groep het gesê 140 gaste en 30 werknemers word deur gewapende mans as gyselaars aangehou. Modibo Nama Traore, die bevelvoerder van Mali se weermag, het gesê tien gewapende mans het Vrydagoggend die hotel binnegestorm terwyl hulle geskree het “Allahu akbar” wat “God is wonderlik” beteken in Arabies.

Die Amerikaanse en Franse ambassades het hul burgers versoek om skuiling te soek in Bamako. Islamitiese ekstremiste het in 2012 beheer oorgeneem van die noorde van Mali ná ʼn staatsgreep waarna Frankryk vroeg in 2013 met militêre magte ingegryp het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Frans ·

Blykbaar is mense wat versies uit die Koran kon aanhaal vrygelaat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.